Loading results…
Loading results…
Tagged #arlingtonstaalwerke
23 results
Hoe diep moet jy jou grond bewerk? Die antwoord is nie altyd “so diep as moontlik” nie. Herman van Arlington Staalwerke wys hoe die Chisel Master volgens jou grondtipe, gewas en omstandighede tussen 150 en 350 mm diep kan werk. Die drie rye tande sorg vir goeie materiaalvloei en help voorkom dat oesreste in die implement pak. Die tande is 350 mm uitmekaar geplaas om die grondprofiel los te maak, onkruid om te keer en die land vir die volgende bewerking of plantproses voor te berei. Die veerbelaaide tande kan wegbeweeg wanneer dit ’n klip tref en herstel daarna vanself. Die Chisel Master is beskikbaar van drie tot 25 tande, met verskillende rolleropsies vir dieptebeheer, stabiliteit en saadbedvoorbereiding. Vind meer uit: https://www.arlington-staalwerke.co.za/ #ArlingtonStaalwerke #ChiselMaster #Grondbewerking #FarmSpace #OnsPraatBoer 00:00 – Die Arlington Chisel Master: nie te diep of te vlak nie 00:31 – Waarom is die Chisel Master ontwikkel? 00:55 – Verstelbare werkdiepte: 150 tot 350 mm 01:34 – Onkruidbeheer en goeie materiaalvloei 02:40 – Drie balke en die Bellota P100-tande 03:43 – Grondprofiel breek en saadbed voorberei 04:31 – Kies die regte implement vir jou grondtipe 05:35 – Veerbelaaide tande wat klippe kan hanteer 06:17 – Bevestig die werkdiepte met ’n penetrometer 06:55 – Beskikbare groottes en trekkerkrag 07:29 – Rolleropsies en dieptebeheer 08:12 – Is die Chisel Master reg vir jou plaas?
03 Aug 2026
Kan een implement oesreste opkerf, onkruid help beheer, vog bewaar én jou volgende bewerking makliker maak? TJ van Arlington Staalwerke wys hoe die Stubble Master oesreste opkerf en die land só voorberei dat die implement nie pak met die volgende bewerking nie. Hy deel ook terugvoer van ’n dieselverbruik tussen 2,7 en 3,6 ℓ/ha-’n belangrike voordeel wanneer tyd en insetkoste onder druk is. Meer inligting: http://www.arlington-staalwerke.co.za/ #ArlingtonStaalwerke #StubbleMaster #Grondbewerking #FarmSpace #OnsPraatBoer 00:00 – Meer werk met een implement 00:31 – Die Stubble Master in die land 00:52 – Die uitdaging: oesreste en onkruid 01:21 – Maak die volgende bewerking makliker 01:59 – Hoe die Stubble Master tyd koop 02:26 – Oesreste en onkruidbeheer 03:05 – Kostedoeltreffendheid en dieselverbruik 03:59 – Hoe die Stubble Master werk 04:15 – Hoe die voorste drom oesreste opkerf 04:55 – Agterste skottels en grondafwerking 05:13 – Hoe die implement help om vog te bewaar 06:05 – Die Stubble Master se waarde vir die boer
30 Jul 2026
Gebou deur 'n boer. Gebou vir Afrika. Gebou om te hou. Is jy op soek na 'n saadbedvoorbereider wat robuust, koste-effektief en ontwerp is vir Suid-Afrikaanse toestande? In hierdie video gesels ons met TJ van Arlington Staalwerke oor die FlexMaster – 'n implement wat op die plaas ontwikkel, getoets en verfyn is. Ontdek waarom boere regoor Suid-Afrika, Zambië en die DRK op hierdie implement vertrou vir uitstekende saadbedvoorbereiding, lae dieselverbruik en betroubare werkverrigting. 🎯 In hierdie video bespreek ons: ✅ Hoekom die FlexMaster ontwikkel is ✅ Wat maak hom uniek? ✅ Saadbedvoorbereiding en onkruidbeheer ✅ Brandstofverbruik en werkverrigting ✅ Beskikbare groottes ✅ Waarom "Made in Africa for Africa" saak maak 📞 Kontak Arlington Staalwerke vir meer inligting of besoek hul Facebook-blad. #ArlingtonStaalwerke #FlexMaster #Landbou #FarmSpace #OnsPraatBoer 00:00 Intro – Op soek na 'n saadbedvoorbereider? 00:25 Die ontstaan van Allington Staalwerke 01:13 Die Allington filosofie en slagspreuk 02:10 Waarom die FlexMaster so koste-effektief is 02:35 Sterk konstruksie en materiaalgebruik 03:44 Hoekom 'n boer die FlexMaster moet oorweeg 05:56 Die rol van die roller in saadbedvoorbereiding 07:05 Roller-druk en grondkonsolidasie 07:45 Kragvereistes en dieselverbruik 08:30 Beskikbare groottes van die FlexMaster 09:04 Opvou- en vervoerfunksies 10:00 Onderdele en beskikbaarheid 11:24 Samevatting – Gebou deur 'n boer, vir 'n boer
09 Jul 2026
Agri Arlington Boeredag | 22 Julie 2026 | Jy wil hierdie nie misloop nie! Sluit by Agri Arlington aan vir 'n dag vol landbou, innovasie en praktiese oplossings! 📅 Datum: 22 Julie 📍 Plek: Agri Arlington Kom ontmoet die span, sien kwaliteit implemente van nader en gesels saam met ander boere oor oplossings wat werklik op die plaas werk. 🚜 Ons sien uit daarna om jou daar te verwelkom! #ArlingtonStaalwerke #LandBou #ArlingtonBoeredag #FarmSpace #OnsPraatBoer
07 Jul 2026
Trekkers. Tegnologie. Demo’s. Boerekuier. Arlington Boeredag – waar landbou in aksie kom! Moet dit nie misloop nie. 📍 Calais Plaas, Arlington 📅 22 Julie 2026 ⏰ 08:30 #ArlingtonBoeredag2026 #ClaasSouthAfrica #ArlingtonStaalwerke #AFGRI #Landbou #FarmSpace #OnsPraatBoer
10 Jun 2026
Ons praat sekondêre bewerking by Arlington Staalwerke op Nampo 2026. TJ vat ons deur hulle implemente en vertel ons watter een doen wat. https://www.facebook.com/ArlingtonStaalwerke/ #ArlingtonStaalwerke #Grondbewerking #Nampo2026 #FarmSpace #OnsPraatBoer
13 May 2026
Eg Suid-Afrikaanse, ordentlike en sterk geboude implemente kry jy by Arlington Staalwerke op Nampo 2026. Ons kyk bietjie wat hulle hier het en dan staan ons stil by die nuwe ripper. https://www.arlington-staalwerke.co.za/ #ArlingtonStaalwerke #Grondbewerking #Nampo2026 #FarmSpace #OnsPraatBoer
11 May 2026
Wil jy na stroop tyd tot en met voor plant tyd jou grond reg kan bewerk? TJ van Arlington Staalwerke nooi jou uit om by hulle te draai by Nampo 2026. https://www.arlington-staalwerke.co.za/ #ArlingtonStaalwerke #Grondbewerking #Nampo2026 #FarmSpace #OnsPraatBoer
20 Apr 2026
Wat maak die Arlington Staalwerke rip master series so anders? Herman vertel ons meer oor hoe die ripper werk. http://www.arlington-staalwerke.co.za/ #ArlingtonStaalwerke #RipMasterSeries #Ripper #FarmSpace #OnsPraatBoer
09 Dec 2025
Hoe werk die Arlington Staalwerke beitelploeg? Danie vertel ons meer oor hierdie 15 Tand, 350mm Spasiëring met Dieptebeheerrollers van die Chisel Master reeks. http://www.arlington-staalwerke.co.za/ #ArlingtonStaalwerke #BeitellPloeg #FarmSpace #OnsPraatBoer
29 Nov 2025
Het die Arlington Staalwerke Flexmaster nog 'n plek? TJ en Herman vertel ons meer oor hoe die masjien nog effektief werk. www.arlington-staalwerke.co.za/ #ArlingtonStaalwerke #Flexmaster #FarmSpace #OnsPraatBoer
06 Nov 2025
Hoe maak Arlington Staalwerke hulle implemente? TJ vertel ons meer oor hulle opstel by hulle fabriek. http://www.arlington-staalwerke.co.za/ #ArlingtonStaalwerke #Implemente #Fabriek #FarmSpace #OnsPraatBoer
24 Oct 2025
Is skoffel bewerking dood of het dit nog 'n plek? TJ Terblanche van Arlington Staalwerke vertel ons meer oor hulle Flex Master. www.arlington-staalwerke.co.za Lees die artkel hier: https://farmspace.co.za/articles/the-arlington-staalwerke-flexmaster-the-ideal-seedbed-preparation-tool-for-south-african-soil-conditions/ #ArlingtonBoeredag2024 #ArlingtonStaalwerke #FlexMaster #FarmSpace #OnsPraatBoer
19 Aug 2024
Maak skoffel nogsteeds ekonomies sin? Herman Janse van Rensburg vertel die "ins and outs" van hierdie bewerking en wys sommer hulle 12m Flex Master van Arlington Staalwerke by Arlington Boeredag 2024. www.arlington-staalwerke.co.za #ArlingtonBoeredag2024 #ArlingtonStaalwerke #FlexMaster #FarmSpace #OnsPraatBoer
05 Aug 2024
Arlington Staalwerke, Bogballe en Bednar by Arlington Boeredag 2024. www.arlingtonboeredag.co.za #ArlingtonBoeredag2024 #ArlingtonStaalwerke #Bogballe #ValtracSA #Bednar #FarmSpace #OnsPraatBoer
17 Jul 2024
CLAAS South Africa, Monosem, Arlington Staalwerke en Stara Southern Africa by Arlington Boeredag 2024. www.arlingtonboeredag.co.za #ArlingtonBoeredag2024 #CLAAS #Monosem #Carrotech #ArlingtonStaalwerke #Stara #FarmSpace #OnsPraatBoer
17 Jul 2024
Wat het Arlington Staalwerke vir jou by die Agri Arlington Boeredag - 17 Julie 2024? Kontak vir Herman by 082 788 3325 of vir TJ by 079 494 2787 indien jy meer inligting soek. www.arlingtonboeredag.co.za #ArlingtonBoeredag2024 #ArlingtonStaalwerke #FarmSpace #OnsPraatBoer
12 Jul 2024
TJ verduidelik die Stubble Master van Arlington Staalwerke in detail. Hoekom het jy so 'n masjien op jou plaas nodig en hoe is dit aanmekaar gesit? Kontak TJ by 079 494 2787 of stuur 'n epos na: tjterblanche@arlingtonstaalwerke.co.za #ArlingtonStaalwerke #StubbleMaster #FarmSpace #OnsPraatBoer
24 Jun 2024
Hoe werk Arlington Staalwerke se Stubble Master in ander grond toestande? - Stroper Resies 2024. Moontlik gemaak deur Engen SA. www.arlington-staalwerke.co.za #StroperResies2024 #GrootpanStudiegroep #ArlingtonStaalwerke #EngenSA #FarmSpace #OnsPraatBoer
06 Jun 2024
Kom kyk Arlington Staalwerke se Stubble Master op Losberg StudieGroep se Demodag, 30 Mei 2024, by Enselspruit Silo. James Tolmay - 072 557 7635 #ArlingtonStaalwerke #StubbleMaster #LosbergStudieGroep #FarmSpace #OnsPraatBoer
27 May 2024