Loading results…
Loading results…
Tagged #chiselmaster
1 result
Hoe diep moet jy jou grond bewerk? Die antwoord is nie altyd “so diep as moontlik” nie. Herman van Arlington Staalwerke wys hoe die Chisel Master volgens jou grondtipe, gewas en omstandighede tussen 150 en 350 mm diep kan werk. Die drie rye tande sorg vir goeie materiaalvloei en help voorkom dat oesreste in die implement pak. Die tande is 350 mm uitmekaar geplaas om die grondprofiel los te maak, onkruid om te keer en die land vir die volgende bewerking of plantproses voor te berei. Die veerbelaaide tande kan wegbeweeg wanneer dit ’n klip tref en herstel daarna vanself. Die Chisel Master is beskikbaar van drie tot 25 tande, met verskillende rolleropsies vir dieptebeheer, stabiliteit en saadbedvoorbereiding. Vind meer uit: https://www.arlington-staalwerke.co.za/ #ArlingtonStaalwerke #ChiselMaster #Grondbewerking #FarmSpace #OnsPraatBoer 00:00 – Die Arlington Chisel Master: nie te diep of te vlak nie 00:31 – Waarom is die Chisel Master ontwikkel? 00:55 – Verstelbare werkdiepte: 150 tot 350 mm 01:34 – Onkruidbeheer en goeie materiaalvloei 02:40 – Drie balke en die Bellota P100-tande 03:43 – Grondprofiel breek en saadbed voorberei 04:31 – Kies die regte implement vir jou grondtipe 05:35 – Veerbelaaide tande wat klippe kan hanteer 06:17 – Bevestig die werkdiepte met ’n penetrometer 06:55 – Beskikbare groottes en trekkerkrag 07:29 – Rolleropsies en dieptebeheer 08:12 – Is die Chisel Master reg vir jou plaas?
03 Aug 2026