Loading results…
Loading results…
Tagged #drakensbergers
3 results
LOT 3 | BH 20-33 - SUPER IV is beskikbaar op Black Hills se eerste produksie veiling op 27 September in Standerton. Hy is ‘n breë, gladde haar bul met baie kapasiteit en goeie balans, vleis eienskappe en lengte. Hy is geteel uit 'n besonderse vrugbare moeder lyn. Sy ma het ‘n TKP van 367/9 en sy oumas het TKP’s van 380/6 en 389/8. Hy is tans ‘n kuddevaar by Black Hills Cattle Breeders / Beestelers. Sy ma, BH 11-125, speen oor haar leeftyd 'n gemiddeld van 13% meer as haar tydgenote. Die drie generasie vroulike voorgeslag van die bul het 43 keer gekalf en al 43 kalwers gespeen! In die video bespreek Tinus Havinga en Pikkie Uys die bul. #BlackHillsCattleBreeders #Drakensbergers #Veiling #Farmspace #OnsPraatBoer
08 Sept 2023
Black Hills Cattle Breeders / Beestelers hou 27 September hulle eerste produksie veiling in Standerton. Lot 9, BH19-63, is een van die bulle op aanbod. Hy het uitstekende lengte en breedte reg deur met besonderse lengte van sy jeup na sy sitbeen. Die bul het goeie sekondere manlike eienskappe veral sy nek, skof en skouer ontwikkeling met wakker oë en sterk oogbanke. In die video gesels Tinus Havinga met Pikkie Uys oor die kuddevaar. #BlackHillsCattleBreeders #Drakensbergers #ProduksieVeiling #Farmspace #OnsPraatBoer
18 Aug 2023
Pikkie Uys en Tinus Havinga bespreek Lot 5, BH 19-45. Die bul word aangebied tydens Black Hills Cattle Breeders / Beestelers se eerste produksieveiling. Jy sal hom 27 September 2023, te Standerton, sien. #BlackHillsCattleBreeders #Drakensbergers #FarmSpace #OnsPraatBoer
08 Aug 2023