Loading results…
Loading results…
Tagged #meettheminies
1 result
’n Miniatuurperd is veel meer as net ’n klein ponie. Die doel is om ’n korrek geboude perd met die voorkoms en proporsies van ’n groot perd te teel – alles in ’n baie kleiner pakkie. Velma van Meet the Minies vertel waarom hierdie perde so gewild is, waarna telers in hul bouvorm kyk en waarom deeglike navorsing en genetiese toetsing belangrik is. Ons hoor ook hoe belangstellendes met betroubare telers in aanraking kan kom. Wil jy hierdie besondere perde self ontmoet? Besoek die KragDag Ekspo vir interaktiewe diere- en landbou-uitstallings, demonstrasies en ’n leersame gesinsuitstappie. Meer oor Suid-Afrikaanse miniatuurperde: www.saminiaturehorse.co.za Beplan jou besoek aan KragDag: www.kragdag.co.za #Miniatuurperde #KragDag #MeetTheMinies #FarmSpace #OnsPraatBoer 0:00 Welkom by die miniatuurperde 0:26 Ontmoet Velma van Meet the Minies 0:39 Vyf jaar by KragDag 1:12 Miniatuurperd teenoor ponie 1:26 Hoe behoort ’n miniatuurperd te lyk? 1:42 Die maksimum hoogte en rasstandaard 1:54 Hoe om betroubare telers te vind 2:26 Doen navorsing voordat jy koop 2:41 Genetiese toetsing en verantwoordelike teling 3:09 Waarna kyk telers en beoordelaars? 3:53 Weg van die tipiese poniebouvorm 4:07 Verskillende voorkeure en perdetipes 4:47 Ontmoet die perde by KragDag 5:16 Voordele van miniatuurperde 5:35 ’n Klein perd met ’n groot persoonlikheid 6:06 Groete vanaf KragDag
07 Aug 2026