Loading results…
Loading results…
Tagged #mielieboerebemarkingsadvies
2 results
Wat gebeur wanneer ons méér mielies produseer as wat die mark kan absorbeer? En belangriker: hoe bestuur ons dit? In hierdie gesprek deel oom Japie Grobler dekades se ervaring oor: * waarom surplusse pryse onder druk plaas * hoekom langtermynbeplanning belangriker as ooit is * wat verander het sedert die vryemarkstelsel * waarom infrastruktuur en uitvoerlogistiek krities is * en hoe beter inligting en samewerking moontlik deel van die oplossing kan wees. Hierdie is nie net 'n gesprek oor mielies nie — dit gaan oor die volhoubaarheid van Suid-Afrikaanse landbou. Meer insigte: www.mielieboerbemarking.co.za #MielieboereBemarkingsAdvies #Graanmark #LandbouSA #FarmSpace #OnsPraatBoer 00:00 Inleiding 00:41 Ontmoet oom Japie Grobler 01:30 Wat moet boere nou prioritiseer? 02:29 Langtermynbeplanning en kontantvloei 04:20 Hoekom sit Suid-Afrika met surplusmielies? 05:13 Hoe is surplusse vroeër bestuur? 06:09 Waarom surplusbestuur nou moeiliker is 07:24 Hoekom moet ons weer oor surplus praat 10:05 Hoeveelheidsbestuur en markinligting 12:08 Waarom inligting gelyk is aan prys 14:26 Daar is nie net een oplossing nie 15:40 Wie moet om die tafel sit? 16:42 Slotgedagtes
31 Jul 2026
Waarom werk die mieliemark nie reg nie? Petrus van Mielieboere Bemarkings Advies verduidelik hoe SAFEX, uitlaai-protokolle en uitvoere die mark beïnvloed – en waarom sekere markreëls volgens hom aangepas moet word. In hierdie gesprek bespreek hy: • waarom Suid-Afrika telkens met oordragvoorraad sit • hoe SAFEX se uitlaai-protokol die mark beïnvloed • waarom uitvoere moeiliker is as wat dit behoort te wees • watter veranderinge volgens hom die grootste verskil kan maak Dis 'n gesprek wat elke mielieprodusent behoort te hoor. 🌐 www.mielieboere.co.za #MielieboereBemarkingsAdvies #Mieliemark #LandbouSA #FarmSpace #OnsPraatBoer 00:00 Inleiding 00:48 Wie is Petrus? 01:16 Waarom lyk die mieliemark só? 01:44 Hoekom is daar steeds oordragvoorraad? 02:26 Die probleem met die uitlaai-protokol 04:27 Waarom kopers huiwer 05:19 Hoe het hierdie reëls ontstaan? 06:22 Kan die reëls verander word? 07:19 Hoe beïnvloed dit mieliepryse? 09:14 Wat kan produsente doen? 10:33 Twee oplossings vir die bedryf 11:16 Slot
18 Jul 2026