Loading results…
Loading results…
Tagged #parys
11 results
Morné Muller van Mahindra Tractors vertel hoekom Valtrac die perfekte handelaar is. Ons gesels met Morné Muller van Mahindra Tractors oor hoekom Valtrac die perfekte handelaar is en wat dit beteken vir die boere vorentoe. Daarna vertel Wynn Dedwith van Valtrac alles oor die Mahindra 6075 trekker en die waarde wat dit bring vir jou plaas! www.mahindrafarmequipment.co.za #MahindraTractors #Valtrac #Parys #Vrystaat #Balers #Trekkers #FarmSpace #OnsPraatBoer
06 Feb 2026
Die Baler Challenge is terug by Valtrac Parys in die Vrystaat op 28 Januarie 2026! Hekke open 07:30, kom maak ’n dag daarvan met live musiek deur KwaggaBees, kos en drankies op die perseel, en heelwat hooi en bale toerusting demos deur die dag. En natuurlik die groot resies tussen die balers! www.balerchallenge.co.za #TheBalerChallenge2026 #Valtrac #Parys #Vrystaat #Landbou #Boerdery #Hooi #Bale #Baler #Demos #FarmSpace #OnsPraatBoer
19 Jan 2026
Is jy gereed vir die FarmSpace Baler Challenge? As jy wil sien watter baler as die beste gekroon gaan word, dan moet jy op 28 Januarie 2026 by Valtrac Parys in die Vrystaat wees! Hekke maak 07:30 oop, met kos en drankies beskikbaar, live musiek, en hope demos en aksie deur die dag. Ons sien jou daar! www.balerchallenge.co.za #TheBalerChallenge2026 #Valtrac #Parys #Vrystaat #Landbou #Boerdery #Hooi #Bale #Baler #Demos #FarmSpace #OnsPraatBoer
09 Jan 2026
Hoekom is die regte baler so belangrik? Kom kry antwoorde vir al jou vrae by die FarmSpace Baler Challenge 2026 op 28 Januarie net buite Parys. www.balerchallenge.co.za #BalerChallenge2026 #28Januarie2026 #Parys #FarmSpace #OnsPraatBoer
29 Dec 2025
Is jy gereed om te sien watter baler uiteindelik die kroon vat? Kom woon die Baler Challenge by op 28 Januarie 2026 by Valtrac Parys in die Vrystaat – waar krag, spoed en presisie mekaar ontmoet tydens dié landbou uitdaging! #BalerChallenge2026 #Valtrac #Parys #Vrystaat #Balers #Landbou #FarmSpace #OnsPraatBoer
05 Nov 2025
n Onvergeetlike dag by die Elite SA Nasionale Ile de France Veiling in die Afridome, Parys. Dankie aan al die Ile de France telers, kopers en borge wat die ras geondersteun het en dit ‘n spesiale veiling gemaak het! www.iledefrance.co.za #IledeFrance #EliteSA #NasionaleVeiling2025 #Afridome #Parys #TopGenetika #BKB #Molatek #SwitfVee #FarmSpace #OnsPraatBoer
20 Sept 2025
Watter planne het Michael Campher met dié uitsonderlike Ile de France ooi wat hy by die Elite SA Ile de France Nasionale Veiling in Parys gekoop het? Hy vertel ons meer oor wat hierdie ooi so besonders maak en hoekom sy vir hom uitgestaan het. www.iledefrance.co.za #EliteSA #IleDeFrance #NasionaleVeiling2025 #Afridome #Parys #TopGenetika #FarmSpace #OnsPraatBoer
16 Sept 2025
Hoekom het Gert van der Linde besluit op dié ram by die Elite SA Ile de France Nasionale Veiling in Parys? Hy vertel ons meer oor sy stoet, waarom hy besluit het op dié ongelooflike ram en die verskil wat dit vir sy kudde sal inbring. www.iledefrance.co.za #EliteSA #IleDeFrance #NasionaleVeiling2025 #Afridome #Parys #TopGenetika #FarmSpace #OnsPraatBoer
16 Sept 2025
Is jy reg vir die hoogtepunt van die jaar? Die Elite SA Nasionale Ile de France Veiling vind hierdie Saterdag, 13 September, plaas by die Afridome in Parys, met van die land se top lotte wat onder die hamer kom! Moet ook nie die Keurdersimposium en Inligtingsdag op Vrydag, 12 September, misloop nie – ’n waardevolle geleentheid vir elke teler en skaapliefhebber. www.iledefrance.co.za #EliteSA #IleDeFrance #NasionaleVeiling2025 #KeurdersimposiumEnInligtingsdag #LaasteVeilingVanDieJaar #Afridome #Parys #TopGenetika #FarmSpace #OnsPraatBoer
08 Sept 2025
Hoekom moet jy by die laaste Ile de France veiling van die jaar wees? Stefan Conradie vertel ons meer oor wat om alles te verwag by die Elite SA Ile de France se Nasionale Veiling wat Saterdag, 13 September by die Afridome in Parys, plaasvind! Maak seker jy mis ook nie die keurdersimposium en inligtingsdag op Vrydag 12 September nie, waar jy meer kan leer oor hoekom die Ile de France so ’n besonderse ras is om mee te boer! www.iledefrance.co.za #IledeFrance #EliteSANasionaleVeiling2025 #Afridome #Parys #BKB #Molatek #SwiftVee #FarmSpace #OnsPraatBoer
21 Aug 2025
Ile de France bied vir die heel eerste keer 'n Nasionale veiling by die Afridome in Parys, en 'n gratis keurdersimposium en inligtingsdag aan! Ons sien uit om al ons telers en belangstellendes by hierdie saamtrek te sien die 12de en 13de September. Kom ervaar die room van die ras wat onder die hammer gaan kom by Afridome Parys! Kom luister na interessante paneelbesprekings en kom leer meer oor ons rasstandaarde en wat die Ile de France so spesiaal maak. www.iledefrance.co.za #IledeFrance #EliteSA #NasionaleVeiling #KeurdersimposiumEnInligtingsdag #Afridome #Parys #BKB #SwiftVee #FarmSpace #OnsPraatBoer
11 Jul 2025