Loading results…
Loading results…
Tagged #plantseisoen
5 results
Herman van Arlington Staalwerke wens elke boer ’n geseënde plantseisoen toe. Mag die Here se hand van seën oor elke boer wees in hierdie tyd. Dis ’n boodskap vir almal wat nou voorberei, plant en elke dag die werk op die lande aanpak. Die plantvenster is kort, die werk is baie, en elke besluit tel. Van ons almal by Arlington Staalwerke en FarmSpace: sterkte vir die seisoen vorentoe. Arlington Staalwerke bou implemente plaaslik, deur die boer vir die boer. Die reeks sluit in: Chisel Master: verstelbare beitelwerk van 150 tot 350 mm, om die grond oop te maak sodat die reën kan inkom. Flexmaster: vir winteronkruid en ’n saadbed wat nie te fyn gemaal word en wegwaai nie. Stubble Master: kerf oesreste sodat jou volgende implement nie pak nie. Rip Master. Het jy implemente of slytonderdele nodig vir die seisoen? Kontak Arlington Staalwerke gerus. 📞 Gesels met TJ by 079 494 2787 🌐 https://www.arlington-staalwerke.co.za/ Kyk ook ander Arlington-video's op FarmSpace: ▶️ Hoe diep moet jy jou grond bewerk? (Herman oor die Chisel Master): https://www.youtube.com/watch?v=Q16AlKGeHss ▶️ Het die Flexmaster nog ’n plek? (TJ): https://www.youtube.com/watch?v=cF8YWfYVDwY ▶️ Stubble Master: minder diesel, beter onkruidbeheer en vogbewaring: https://www.youtube.com/watch?v=qABjsdMn_J4 Deel gerus die video met ’n medeboer wat nou plant. #ArlingtonStaalwerke #Plantseisoen #Saaiboerdery #FarmSpace #OnsPraatBoer 00:00 Arlington se gebed vir die plantseisoen 00:14 Reën wanneer die plante dit nodig het 00:32 Kontak Arlington vir slytonderdele en implemente
23 Sept 2026
Agri Afrika bied verskillende planteropsies vir verskillende gewasse, plaasgroottes en plantbehoeftes. Die reeks sluit die Legend 12- tot 16-ry-planter, die Stackfold-planter en die Great Plains 8-ry Yield-Pro in. Die Great Plains kombineer die Air-Pro-saadmeter en Clear-Shot-saadbuis om akkurate singulation en saadplasing te ondersteun, terwyl elke planter sy eie kapasiteit en toepassing bied. Kyk watter opsie die beste by jou lande en plantprogram pas. Agri Afrika verskaf plaaslike ondersteuning om jou besluit en voorbereiding vir planttyd makliker te maak. #AgriAfrika #Plantertegnologie #Plantseisoen #FarmSpace #OnsPraatBoer
01 Sept 2026
Hein Barnard van VS Agri bespreek praktiese strategieë vir risikobestuur, grondstatus, verdigting, kalium, bemesting en hoe om slimmer besluite te neem wanneer die nuwe seisoen onseker lyk. Kyk onder andere na: • Waarom jy nie jou hele produksieprogram oorboord moet gooi nie. • Hoe grondontledings jou kan help om insetkoste slimmer te bestuur. • Waarom grondverdigting en grondgesondheid krities is. • Die rol van kalium tydens droogtestres. • Wanneer topbemesting sin maak. • Die risiko's van vroeë aanplantings. • Hoekom goeie data die basis van goeie bestuursbesluite is. 🌐 www.vsagri.co.za #VSAgri #Plantseisoen #Risikobestuur #FarmSpace #OnsPraatBoer 00:00 Die onsekerheid van die 2027-seisoen 01:30 Waar begin risikobestuur? 02:23 Moenie jou hele program verander nie 03:06 Grondprofiele en verdigting 04:26 Bekalking, kalsium en grondstruktuur 05:01 Ken jou grondstatus 05:41 Meer akkurate grondontledings 07:02 Waarom goeie data belangrik is 08:24 Kalium se rol tydens droogte 09:23 Kalium: basis of topbemesting? 10:34 Is blaarvoeding genoeg? 11:36 Vroeë plantdatums – die risiko's 13:45 Moenie snaakse goed doen nie 15:11 Praktiese kunsmisbestuur 16:16 Slotboodskap
28 Aug 2026
Wat maak Bok.I anders? Boeta Gelderbloem is al 10 jaar by hulle en vertel hoekom jy ook met Hendri in kontak moet kom. Maak seker jy is ook reg vir die plantseisoen! www.boki.co.za #BokImplemente #Plantseisoen #FarmSpace #OnsPraatBoer
12 Feb 2026
Wat maak die Bourgault planter anders as die res? Andre du Toit vertel ons meer oor hoekom jy die Bourgault planter moet oorweeg. https://med-automation.co.za/contact-us/ #Bougault #Planter #PlantSeisoen #FarmSpace #OnsPraatBoer
10 May 2025