Loading results…
Loading results…
Tagged #selectionsale
3 results
Juan Freeman van Jumardi Santa's gesels oor hul stoet sowel as hulle eerste Produksie veiling. Moenie die Santa Selection veiling misloop nie. 12 September, net buite Sannieshof. Registreer op MEERKAT Online Auctions om aanlyn te bie. #santagertrudis #selectionsale #FarmSpace #OnsPraatBoer
11 Sept 2023
FF21-02 is 'n potensiële stoetbul en nog ‘n fantastiese seun van die bekende SS13-31 (Champ). Hy is 'n jong bul met ‘n blink toekoms. Die bul het goeie diepte, breedte en lengte. n’ Bul met ‘n besonderse mooi kop, sterk rug en skoon onderlyn. FF 20-02 is 'n bul wat gemaklik loop, goed gespierd is en wat baie goed agter sy blad gevul is. Hy is 'n bul wat reg deur baie vleis dra. Die bul het besonderse vleis kwaliteite en baie kapasiteit en is beskikbaar op die Selection Sale op 12 September 2023. #JumardiSantas #SelectionSale #SantaGertrudis #Farmspace #OnsPraatBoer
06 Sept 2023
FF20-45 is 'n potensiële stoetbul en seun van Poena bul FF16-11 (Benjamin). Hy is self in die Jumardi Santas stoet gebruik met 'n baie groot sukses, sy eerste kalwers het begin val en lyk baie baie belowend. Hy is 'n bul met goeie diepte, breedte en lengte. Hy het 'n besonderse mooi kop, en skoon onderlyn wat baie goed agter sy blad gevul is. Hy loop gemaklik en dra baie vleis in sy agterkwart. Sy skrotum omtrek is 41.5 cm. #JumardiSantas #SelectionSale #SantaGertrudis #Farmspace #OnsPraatBoer
04 Sept 2023