Loading results…
Loading results…
Tagged #sionagri
2 results
Kalsitiese kalk, dolomitiese kalk of gips – hoe weet jy wat jou grond werklik nodig het? Tiaan Erasmus van Sion Agri verduidelik die verskillende kalktipes, hoe kalsium en magnesium ’n rol speel, wanneer gips gebruik word en waarom grondontleding so belangrik is voordat jy begin strooi. Ons kyk ook na presisie-bekalking, veranderlike toediening, die invloed van partikelgrootte en waarom ’n langtermyn-bekalkingstrategie jou kan help om jou grond stelselmatig in balans te bring. Hierdie kalkreeks word deur Bok.I geborg – jou een-stop oplossing vir die moderne boer. 🌐 www.boki.co.za #BokImplemente #SionAgri #Bekalking #FarmSpace #OnsPraatBoer 00:00 Watter kalk is reg vir jou grond? 00:59 Kalsitiese vs dolomitiese kalk 01:39 Kalk vs gips – wat is die verskil? 02:53 Kan dieselfde strooier kalk en gips strooi? 03:07 Presisie-bekalking en veranderlike toediening 04:18 Grondtipe: kleigrond vs sandgrond 05:17 Verskillende kalkbronne en kwaliteit 06:25 Wanneer is kalk kalsities of dolomities? 07:29 Is gereelde grid-ontleding die moeite werd? 08:29 Die ROI van ’n bekalkingstrategie 09:08 Onderhoudsbekalking en langtermynbegroting 10:04 Hoe beïnvloed partikelgrootte kalk se werking? 11:03 Finale raad oor kalktoediening
19 Aug 2026
Tiaan Erasmus van Sion Agri vertel oor die rol wat bekalking in grondgesondheid, pH-regstelling en die beskikbaarheid van voedingstowwe speel. Wanneer grond se pH te laag is, kan aluminium vir plante beskikbaar raak, wortelgroei beperk en belangrike voedingstowwe soos fosfaat vaslê. Deur die grond se pH stelselmatig na die optimale reeks van ongeveer 5,5 tot 6,5 te bring, kan bestaande voeding beter vir die plant beskikbaar word. Daar word verder bespreek: • Waarom lae grond-pH ’n probleem is • Aluminiumtoksisiteit en wortelontwikkeling • Die ideale pH vir gewasproduksie • Hoe grondtipe jou kalkbehoefte beïnvloed • Kalsitiese teenoor dolomitiese kalk • Die belangrikheid van kalkgehalte en partikelgrootte • Waarom variërende kalktoediening die moeite werd kan wees • Hoekom bekalking ’n langtermynstrategie is Die hoeveelheid en tipe kalk wat benodig word, moet altyd volgens grondontledings, grondchemie en die eienskappe van die betrokke land bepaal word. Wil jy jou kalk presies en koste-effektief toedien? Kry vir jou ’n Bok.I! 🌐 www.boki.co.za #BokImplemente #SionAgri #Bekalking #FarmSpace #OnsPraatBoer 00:00 Kalk, gips en kalsium in die grond 00:24 Waarom moet ’n boer bekalk? 01:00 Wie is Sion Agri? 01:46 Die effek van ’n baie lae grond-pH 02:15 Aluminiumtoksisiteit en wortelgroei 03:03 Fosfaatbinding en voedingstofbeskikbaarheid 03:45 Wat is die ideale grond-pH? 04:29 Grond-pH eenvoudig verduidelik 05:42 Hoeveel kalk moet jy toedien? 06:12 Hoe word ’n hoë grond-pH verlaag? 06:53 Is kalk die goedkoopste “kunsmis”? 07:10 Bekalking is ’n langtermynstrategie 07:48 Kalk se partikelgrootte en kwaliteit 08:23 Is variërende kalktoediening die moeite werd? 08:40 Kalsitiese teenoor dolomitiese kalk 09:35 Onafhanklike grondontledings en aanbevelings 09:51 Kry jou grond in die regte pH-band
07 Aug 2026