Loading results…
Loading results…
Tagged #sojabone
11 results
ArticleUnion Engineering se mobiele 100-ton-sif verwerk groot graanvolumes vinnig, verwyder onsuiwerhede en bied veelsydige, doeltreffende graanskoonmaak tydens die stroopproses.
24 Aug 2026
Ons besoek Janus naby Hoopstad, waar ’n Union Engineering 100 ton-sif help om tred te hou met die tempo van ’n moderne stroopproses. Janus verduidelik waarom hy van sy ou rolsif na die Union-sif oorgeskakel het, hoe hy sojabone skoonmaak van wilde lusern en groen peule, en hoe die sif ook kan help wanneer mieliegraad ’n uitdaging raak. Een van die groot voordele? Mobiliteit. Hy kan dieselfde sif tussen sy drie siloterreine skuif en dit selfs land toe neem om sojabone direk tydens stroop skoon te maak. Volgens Janus is dit soos ’n silo of ’n TLB: eers wanneer jy hom het, besef jy hoeveel waarde hy tot die boerdery toevoeg. Besoek www.unionengineering.co.za/ vir meer inligting. #UnionEngineering #Graansif #Graanhantering #Landbou #Boerdery #Sojabone #Mielies 00:00 – Union Engineering 100 ton-sif naby Hoopstad 00:46 – Janus se boerdery en gewasse 01:20 – Waarom die ou rolsif vervang is 02:16 – Waarom sojabone gesif word 03:54 – Groen peule en probleme in silo’s 04:25 – Mielies sif en graad verbeter 05:48 – Hoe die mobiele sif in die stroopproses werk 06:08 – Kapasiteit van tot 100 ton per uur 07:05 – Een sif vir drie siloterreine 07:28 – Sif direk op die land 08:04 – Wanneer Johannes mielies sif 09:28 – Die waarde wat ’n sif tot die plaas toevoeg 10:24 – “’n Silo, ’n TLB en ’n Union-sif” 10:43 – Meer waarde op die plaas behou
16 Aug 2026
Sojaboonbestuur: Plantdiepte, rywydte, Siektes & Kultivarkeuse Wat kos verkeerde plantdiepte jou werklik — en hoe beïnvloed rywydte, siektedruk en kultivarkeuse jou sojaboonoes? Carlo Pelster van Agricol bespreek by die Agricol Groendag ’n reeks praktiese uitdagings in sojaboonproduksie. Hy kyk na hitteskade tydens opkoms, plantdiepte, nematodes, groenstinkbesies, swamsiektes en Sclerotinia, asook die rol van rywydte en verskillende groeiklasse in risikobestuur. Hy deel ook waarnemings uit proewe en die veld en kyk na Agricol se kultivarpakket en nuwe genetika vir die komende seisoen. 🌐 www.agricol.co.za #Agricol #Groendag #Sojabone #Produksie #FarmSpace #OnsPraatBoer 0:00 Inleiding – Carlo Pelster van Agricol 0:16 Hitteskade en weerstoestande tydens opkoms 0:59 Die belangrikheid van korrekte plantdiepte 1:39 Plantdiepte se invloed op stand en opbrengs 2:11 Nematodes en kultivarverdraagsaamheid 2:36 Groenstinkbesies in sojabone 3:06 Plaagbeheer en skade aan jong plante 3:23 Pythium, Fusarium en swambehandeling op saad 3:54 Rywydte en Sclerotinia-bestuur 5:06 Rywydte se invloed op opbrengs 5:45 Groeiklasse en Agricol se kultivarpakket 6:31 Nuwe sojaboonkultivars 7:01 Plantestand en optimale rywydte 7:46 Haelskade en sojabone se herstelvermoë
12 Aug 2026
Sojaboon-genetika: Van wêreldwye teling tot Suid-Afrikaanse lande. Facundo Stella vertel by die Agricol Groendag meer oor GDM se geskiedenis, hul internasionale teelprogram en die navorsing wat agter die ontwikkeling van nuwe variëteite sit. Hy verduidelik hoe nuwe genetika ontwikkel word, hoe eienskappe soos Roundup Ready en Intacta by variëteite ingesluit word, en hoe belowende genetika saam met Agricol onder Suid-Afrikaanse toestande getoets word. Met ’n groot deel van GDM se span wat op navorsing en ontwikkeling fokus, is die doel eenvoudig: nuwe genetika wat beter opbrengspotensiaal en agronomiese prestasie kan bied. 🌐 www.agricol.co.za #Agricol #Groendag #GDM #DonMarioSeeds #Sojabone #FarmSpace #OnsPraatBoer 00:00 Facundo Stella en GDM se geskiedenis 00:26 Die begin van sojabone in Argentinië 01:19 GDM se teelprogram en nuwe genetika 01:34 GDM en Agricol in Suid-Afrika 01:58 Roundup Ready en Intacta verduidelik 02:35 Hoe transgeniese eienskappe werk 03:17 GDM se fokus op plantteling 03:33 Nuwe ontwikkeling in geenredigering 04:04 Uitbreiding na koring en mielies 04:36 Hoe nuwe variëteite ontwikkel word 05:17 Genetika vir Suid-Afrikaanse toestande 05:49 Agricol se plaaslike toetsing 06:12 Navorsing en ontwikkeling by GDM 06:38 GDM-genetika wêreldwyd 06:55 Suid-Afrika se sojaboonmark 07:21 GDM se internasionale markaandeel
12 Aug 2026
Hoe kies jy die regte saad wanneer insetkoste aanhou styg? By die 31ste Val Boeredag gesels FarmSpace met Henry van PANNAR oor hoekom vertroue, genetika en deeglike toetsing die sleutel is tot suksesvolle oesopbrengste. Ontdek hoe PANNAR: Saad en kultivars regoor Suid-Afrika toets Die beste genetika vir elke streek identifiseer Boere ondersteun met plaaslike kennis en tegniese diens Vertroue bou deur bewese prestasie in die veld As elke hektaar tel, wil jy seker maak jy plant die regte saad vir jou omstandighede. Besoek PANNAR se webtuiste www.pannar.co.za om jou naaste verteenwoordiger te vind. #PANNAR #VaalBoeredag #SaadGenetika #Mielies #Sojabone #Sonneblom #Boerdery #LandbouSA #PresisieBoerdery #FarmSpace #OnsPraatBoer 00:00 Intro 00:18 Waarom die regte saad belangrik is 00:27 Ontmoet Henry van PANNAR 01:08 Diens, vertroue en saadoplossings 02:10 Gewasse en streekspesifieke aanbevelings 03:10 Die waarde van plaaslike kennis en genetika 04:09 Hoe PANNAR nuwe genetika toets 05:35 Vertroue deur bewese prestasie 05:43 Hoe om jou naaste PANNAR-verteenwoordiger te vind 06:12 Samevatting
06 Jul 2026
Boere, merk dié datum aan! Kom woon die Excelsior Somergraan Studiegroep die 9 April 2025 by vir 'n praktiese en insiggewende dag vol mielie-, sojaboon- en sonneblomproewe, saam met ’n groot verskeidenheid uitstallers en demonstrasies in persoon! Bespreek jou R50 kaartjie NOU! Kontak MP 0832516249 vir meer inligting. #ExcelsiorSomergraanStudiegroep #Mielies #Sojabone #Sonneblomme #FarmSpace #OnsPraatBoer
03 Apr 2025
Het Bok.I 'n plek in jou boerdery as dit kom by no-till bewerking? Ons kuier saam met Barto Smit en kyk na sy sojabone wat geplant is nadat 'n inline ripper deur die grond is. www.boki.co.za #BokImplemente #InlineRipper #Grondbewerking #Sojabone #FarmSpace #OnsPraatBoer
17 Mar 2025
Hoekom is blaarvoeding en mikro-elemente belangrik by sojas? Hein van VS Agri vertel ons watter mikro-elemente in soja boontjies belangrik is en watter rol hulle speel. Besoek https://www.vsagri.co.za vir meer inligting. #VSAgri #VSTravelingCap #TrotsVSAgri #Sojabone #FarmSpace #OnsPraatBoer
02 Nov 2022
Moet ek sojabone bemes? Met die hoë insetkostes wat heers, wat is die belangrikste op sojas? Hein van VS Agri verduidelik. https://www.vsagri.co.za/ #VSAgri #VSTravelingCap #TrotsVSAgri #Sojabone #FarmSpace #OnsPraatBoer
27 Oct 2022
Proef 3 van VS Agri op Sojas by Kroonstad. JB verduidelik wat hulle hier gedoen het. #VSAgri #FarmSpace #Sojabone
13 Jun 2021
Net as jy dink jy weet alles, dan gebruik iemand Gas op sojas. Volgens die slim manne is dit nie veronderstel om te werk nie, maar kyk hier! #VSAgri #FarmSpace #ProGas #Sojabone
26 May 2021