Jou boeredag duur een dag. Jou inhoud hoef nie.
Landboumaatskappye, bemarkingsbestuurders, produkverskaffers, vervaardigers en handelsmerke wat by boeredae, demonstrasiedae en landbougeleenthede uitstal.

Jou boeredag duur een dag. Die inhoud kan maande lank werk.
Hoe FarmSpace jou kan help om inhoud tydens boeredae te skep
Boerdag-uitstalling verg baie meer as net die dag self.
Jou span beplan, reis, bou ’n uitstalling, vervoer produkte, reël demonstrasies en maak seker dat die regte verteenwoordigers beskikbaar is om met boere te gesels. Dit verg tyd, geld en moeite om jou handelsmerk by die regte gehoor te kry.
Maar wat gebeur wanneer die hekke sluit?
Te veel ondernemings stap weg met ’n paar selfoonfoto’s, enkele kort videogrepe en min inhoud wat later werklik vir bemarking gebruik kan word. Die geleentheid was suksesvol, maar die bemarkingswaarde daarvan eindig feitlik saam met die boeredag.
Dit hoef nie so te wees nie.
Met die regte beplanning en professionele inhoudspan kan een boeredag vir maande daarna foto’s, video’s, artikels, advertensies en sosiale media-plaasings oplewer.
Dit is waar FarmSpace kan help.
’n Boeredag-uitstalling is ook ’n inhoudsgeleentheid
‘Boerdag bied iets wat moeilik is om in ’n ateljee of kantoor te herskep: jou produkte, personeel en kliënte is op dieselfde plek, in ’n geloofwaardige landbou-omgewing.
Dit is die ideale geleentheid om:
• Jou produkte in aksie te wys.
• Tegniese voordele prakties te verduidelik.
• Met produkspesialiste en verteenwoordigers gesels.
• Boere se vrae te beantwoord.
• Kliënte se ervarings vasvang.
• Die atmosfeer rondom jou handelsmerk te wys.
• Professionele foto’s en beeldmateriaal vir toekomstige veldtogte op te bou.
FarmSpace help jou om hierdie geleenthede doelbewus vas te vang, eerder as om net toevallige foto’s van die dag te neem.

Ons beplan die inhoud voordat die boeredag begin
Goeie inhoud begin lank voordat die kamera aangeskakel word.
Voor die geleentheid kan FarmSpace saam met jou span bepaal watter produkte, boodskappe en mense die belangrikste is om vas te vang.
Ons kyk onder meer na:
• Die produkte waarop jy tans wil fokus.
• Die vrae wat boere gereeld oor die produkte vra.
• Die belangrikste voordele en verkoopspunte.
• Die demonstrasies wat tydens die dag plaasvind.
• Die produkspesialiste, verteenwoordigers of kliënte wat beskikbaar sal wees.
• Die platforms waarop die inhoud later gebruik moet word.
Hierdie beplanning help om te verseker dat jy nie ná die boeredag besef dat ’n belangrike onderhoud, produkdemonstrasie of foto nooit geneem is nie.
Landbou-inhoud wat die regte vrae vra
Om ’n boeredag professioneel af te neem, verg meer as net goeie toerusting.
Die persoon agter die kamera moet verstaan wat vir ’n boer belangrik is, watter tegniese vrae gevra moet word en hoe om komplekse produkinligting op ’n praktiese manier oor te dra.
FarmSpace werk sedert 2015 in die landboubedryf. Ons verstaan die landbou-omgewing, ons is gemaklik om met boere te gesels en ons weet hoe om inhoud te skep wat binne die mark relevant en geloofwaardig voel.
Ons help jou nie net om te wys dat jou onderneming by die boeredag was nie. Ons help jou om vas te vang:
• Wat jou produk doen.
• Waarom dit vir boere relevant is.
• Wie die mense agter jou handelsmerk is.
• Hoe jou onderneming waarde tot die landboubedryf toevoeg.
Moenie dat die waarde eindig wanneer die hekke sluit nie
Jou volgende boeredag kan meer wees as net ’n dag se uitstalling en gesprekke.
Dit kan die begin wees van maande se professionele foto’s, produkvideo’s, kliënteverhale, sosialemediaplasings en bemarkingsveldtogte.
Met FarmSpace langs die baan kan jou span op die boere en die geleentheid fokus, terwyl ons sorg dat die belangrikste oomblikke, produkte en boodskappe professioneel vasgevang word.
Moenie jou volgende boeredag net bywoon nie. Gebruik dit om ’n inhoudsbiblioteek te skep wat aanhou werk lank nadat die dag verby is.
Besoek www.farmspace.co.za en gesels met FarmSpace oor die inhoudsgeleenthede by jou volgende boeredag.
im

Comments
No comments yet. Be the first!