Kan boere jou aanlyn vind?
FarmSpace help landboumaatskappye om webtuistes te bou wat produkte vindbaar maak, boere se vrae beantwoord en belangstelling in navrae omskep.

Hoekom jou maatskappy moeite met sy webtuiste moet doen
Wanneer laas het jy na jou eie onderneming op Google gesoek?
Nie vanuit jou kantoor waar jy reeds weet waar alles op die webtuiste is nie. Soek eerder soos ’n boer, wat jou handelsmerk sopas by ’n boeredag gesien het, of ’n video op Facebook raakgeloop het of jou naam by ’n buurman gehoor het.
Kan hy vinnig jou opspoor, uitwerk wat jy verkoop of waar jy is? Kan hy die produk kry waarna hy soek? Is daar genoeg inligting om sy eerste vrae te beantwoord? En, belangriker nog, weet hy wat om volgende te doen?
As die antwoord op hierdie vrae “nee” is, is jou webtuiste waarskynlik nie besig om sy werk te doen nie.
’n Professionele webtuiste is nie meer net ’n digitale brosjure wat wys wie julle is en waar om julle te kontak nie. Dit behoort ’n aktiewe deel van jou bemarking en verkoopsproses te wees.
Hoekom moet ’n landboumaatskappy in ’n webtuiste belê?
DataReportal se Digital 2026 van South Africa se verslag dui aan dat ongeveer 51,7 miljoen Suid-Afrikaners teen die einde van 2025 die internet gebruik het, met ’n internetpenetrasie van ongeveer 79,6%.
Jou potensiële klant leef dus nie net op ’n boeredag, in ’n handelaar se winkel of aan die ander kant van ’n telefoonoproep nie. Hy is ook aanlyn. Wanneer iemand jou produk by ’n demonstrasie sien, ’n Facebook-video kyk of van jou handelsmerk by iemand anders hoor, is Google dikwels een van die volgende plekke waar hy meer inligting gaan soek.
Dit is waar jou webtuiste die gesprek moet voortsit.
Die webtuiste moet duidelik verduidelik wat jy doen, jou produkte maklik vindbaar maak, tegniese vrae beantwoord en die besoeker uiteindelik nader aan ’n navraag, demonstrasie, oproep of aankoop bring.

Waarom het jy ’n webtuiste nodig as jy reeds sosiale media gebruik?
Facebook, Instagram, TikTok, YouTube en WhatsApp is uitstekende platforms om aandag te trek. ’n Produkvideo kan duisende mense bereik en ’n boer vir die eerste keer aan jou produk bekendstel.
Maar wat gebeur daarna?
Sosiale media-inhoud beweeg vinnig. Vandag se demonstrasie-video kan binne ’n paar minute onder nuwe inhoud verdwyn.
Maar op jou webtuiste kan dieselfde video permanent deel van ’n produkblad vorm. ’n Onderhoud met ’n produkspesialis kan in ’n tegniese artikel verander. Foto’s van ’n demonstrasie kan gebruik word om toepassings te verduidelik, terwyl ’n boer se ervaring later in ’n gevallestudie gebruik kan word.
Sosiale media moet dus nie jou webtuiste vervang nie. Die twee moet saamwerk. Sosiale media trek aandag. Jou webtuiste gee daardie belangstelling ’n bestemming.
Kan ’n boer jou kry wanneer hy nie jou maatskappy se naam ken nie?
Hier lê een van die grootste geleenthede vir ’n goeie landbouwebtuiste. Nie almal wat jou produk nodig het, gaan jou handelsnaam Google nie. Hulle soek eerder volgens die probleem wat hulle probeer oplos.
’n Boer kan vra:
• Watter planter werk goed vir minimum bewerking?
• Watter drone is geskik vir kontrakwerk?
• Hoe werk veranderlike kalktoediening?
• Hoe kan ek graan vinniger skoonmaak tydens stroop?
• Watter implement werk die beste vir swaar oesreste?
As jou webtuiste hierdie tipe vrae met nuttige, korrekte en praktiese inhoud beantwoord, skep jy nuwe geleenthede om gevind te word deur boere wat nog nie jou onderneming ken nie.
Wat moet ’n goeie produkblad bevat?
Webwerfbeplanning behoort nie by kleure, lettertipes en groot foto’s te begin nie. Dit moet begin by die vraag: Wat moet hierdie bladsy vir die boer doen?
’n Boer wat op ’n produkblad beland, wil gewoonlik vinnig weet wat die produk doen, waar dit gebruik kan word, vir wie dit geskik is en waarom dit moontlik beter by sy toepassing pas.
Tegniese spesifikasies is belangrik, maar dit behoort saam met praktiese inligting te verskyn. In plaas daarvan om bloot ’n tabel met kapasiteit, werkbreedte en gewig te plaas, kan die blad ook verduidelik hoe daardie spesifikasies die boer in die praktyk bëinvloed.
Video’s, demonstrasies, foto’s, vrae en antwoorde, boeregetuigskrifte en kontakbesonderhede kan alles help om ’n volledige boerdery op te bou. Die doel is eenvoudig: die boer moet minder vrae hê wanneer hy uiteindelik met jou verkoopspan kontak maak.
Jou webtuiste moet op ’n selfoon werk
Nog ’n eenvoudige vraag is: Hoe lyk jou webtuiste op ’n selfoon?
Vir die landboumark is dit besonder belangrik.
Die boer wat jou webwerf besoek, sit nie noodwendig agter ’n rekenaar nie. Hy kan in sy bakkie sit, langs ’n land staan, by ’n boeredag rondloop of tussen vergaderings vinnig jou produk op sy foon soek.
Die kieslys moet eenvoudig wees, foto’s moet vinnig laai en tegniese inligting moet op ’n kleiner skerm maklik leesbaar bly. Kerninligting behoort ook direk op die bladsy beskikbaar te wees. ’n Boer behoort nie eers ’n groot PDF van 20 MB te moet aflaai net om uit te vind wat ’n produk doen nie.
Kontakopsies moet ewe duidelik wees. ’n WhatsApp-knoppie, telefoonnommer, handelaarsoektog of navraagvorm behoort maklik toeganklik te wees.

Hoe bou ’n webtuiste vertroue?
Landbou-aankope behels dikwels groot bedrae, tegniese risiko’s en die behoefte aan langtermynondersteuning. ’n Potensiële klant wil daarom weet wie agter die produk staan, waar dit reeds gebruik word, hoe dit in werklike omstandighede presteer en of diens en ondersteuning beskikbaar is.
Hier kan werklike inhoud ’n groot verskil maak. ’n Boer wat vertel hoe ’n implement oor verskeie seisoene op sy plaas gewerk het, beteken dikwels meer as ’n algemene bemarkingslyn wat bloot sê die produk is “markleidend”.
Tegniese onderhoude, demonstrasievideo’s, gevallestudies en foto’s uit die veld gee jou onderneming iets wat generiese bemarking nie maklik kan bied nie: bewyse.
Hoe verander jou webtuiste belangstelling in ’n verkoopsnavraag?
Elke belangrike bladsy behoort uiteindelik ’n volgende stap te hê.
Dit kan wees: Praat met ’n produkspesialis. Versoek ’n kwotasie. Bespreek ’n demonstrasie. Vind jou naaste handelaar. Stuur ’n WhatsApp.
Dit klink eenvoudig, maar te veel webwerwe gee baie inligting sonder om die besoeker te wys wat hy daarna moet doen.
Die webtuiste behoort jou verkoopspan se werk makliker te maak, nie te vervang nie.
Wanneer ’n boer reeds die produk verstaan, die spesifikasies gesien het en weet waarom dit moontlik vir sy boerdery relevant is, begin die verkoopsgesprek op ’n beter plek.
Hoe kan FarmSpace met jou webtuiste help?
FarmSpace benader ’n webtuiste as deel van ’n onderneming se groter bemarking, eerder as ’n losstaande tegniese projek. Omdat ons binne die landboubedryf werk, verstaan ons hoe produkte, boere, handelaars, demonstrasies, boeredae en tegniese inhoud bymekaar pas.
Ons kan help met die beplanning en struktuur van jou webtuiste, produk- en toepassingsbladsye, SEO- en GEO-gefokusde inhoud, fotografie, video, tegniese artikels, vrae en antwoorde en duideliker oproepe tot aksie.
Die grootste geleentheid lê egter dikwels in inhoud wat reeds bestaan.
’n Produkvideo wat tydens ’n boeredag geskiet is, kan deel van ’n produkblad word. ’n Onderhoud met ’n kenner kan in ’n artikel omskep word. ’n Kort antwoord tydens ’n onderhoud kan later ’n volledige FAQ of soekgerigte artikel word.
Jou webtuiste moet uiteindelik meer doen as net bestaan.
Die belangrikste vraag is nie: “Het ons ’n webtuiste?”
Die vraag is:
“Wanneer iemand vandag na ’n oplossing soos ons s’n soek, is ons sigbaar, help ons webtuiste hom om ons te vind, ons produk te verstaan en maklik met ons in gesprek te tree?”



Comments
No comments yet. Be the first!