Loading results…
Loading results…
Tagged #elitesanasionaleveiling
4 results
Wat het dié ooi, Henning se eerste keuse gemaak? Die duurste ooi op die Ile de France Elite SA Nasionale Veiling spog met breedte, ’n mooi toplyn én ’n tweeling op pad! Henning vertel waarna hy gekyk het en hoe Corné se streng seleksie vrugte afwerp. Besoek www.iledefrance.co.za vir meer inligting. #IleDeFrance #EliteSANasionaleVeiling #TopGenetika #FarmSpace #OnsPraatBoer 0:00 Die duurste ooi: ontmoet Henning en Corné 0:25 Corné se benadering tot teling 0:58 ’n Tweeling op pad 1:42 Eienskappe waarna Henning kyk 2:23 Meerlinge: voeding, kondisie en genetika 3:35 Corné se boerdery en streng seleksie 4:20 Waarom Ile de France? 4:33 Trots en passie vir jou kudde 5:04 Die ras se groei en kommersiële belangstelling 6:54 Henning se planne met die ooi 7:35 Dankie en afsluiting
19 Sept 2026
Wat het dié ram die duurste op die Ile de France Elite SA Nasionale Veiling gemaak? Verkoper Rudi deel sy fokus op streng seleksie en bloedlyne, terwyl koper Stefan vertel waarom dié ram waarde sal toevoeg by sy stoet en watter eienskappe die deurslag gegee het! Besoek www.iledefrance.co.za vir meer inligting. #IleDeFrance #EliteSANasionaleVeiling #TopGenetika #FarmSpace #OnsPraatBoer 0:00 Ontmoet die duurste ram se koper en verkoper 0:31 Rudie se boerdery en stoet 1:00 Streng seleksie en genetiese lyne 1:34 Hoekom Rudie Ile de France kies 2:28 Waarom Stefan lot 6 gekies het 3:15 Stefan se teelplan met die ram 4:46 Passie vir die ras en ’n familieverbintenis 5:35 Die toekoms van Ile de France 6:50 Gelukwense en afsluiting
19 Sept 2026
Wat maak die Elite Ile de France Nasionale Veiling so besonders? Ons is by die Afridome in Parys, waar Stefan meer vertel oor die veiling, die gehalte van die diere en wat telers kan verwag. Top genetika, goeie gesprekke en die Ile de France-gemeenskap op een plek. Besoek https://iledefrance.co.za/ vir meer inligting. Aanlyn skakel: https://auctions.swiftvee.com/auctions/elite-sa-nasionale-ile-de-france-geleentheid-wlg0 #EliteSANasionaleVeiling #IleDeFranceSA #TopGenetika #FarmSpace #OnsPraatBoer
18 Sept 2026
🐑 Een arena. Topgenetika. Die Elite SA Nasionale Veiling, is een wat jy eenvoudig nie wil misloop nie! Wanneer 20 van Suid-Afrika se beste Ile de France-telers hul beste genetika byeenbring, weet jy iets besonders wag. Met 25 SP-ramme, 50 SP-ooie en 50+ kommersiële ooie op aanbod, kan jou kudde se volgende hoofstuk hier begin. Vir meer inligting, besoek hul webtuiste: www.iledefrance.co.za 19 September 2026 | 11:00 | Afridome, Parys Die room van Ile de France kom onder die hamer! #EliteSANasionaleVeiling #IleDeFranceSA #TopGenetika #FarmSpace #OnsPraatBoer
20 Aug 2026