Loading results…
Loading results…
Tagged #groentrek2026
10 results
LEKKEWAAN GROEN TREK 2026 – ONS HET DIT GEMAAK! Van Centurion tot Wellington, drie elektriese voertuie en een groot doel: om ’n verskil vir Suid-Afrikaanse landbou en landelike veiligheid te maak! Na ’n ongelooflike reis vol uitdagings, nuwe vriendskappe en onvergeetlike oomblikke het die Lekkewaan Groen Trek 2026 amptelik tot ’n einde gekom. Die hoogtepunt? R144 000 is aan die Agri Securitas Trust oorhandig om landelike veiligheid te ondersteun! ’n Groot dankie aan elke borg, vennoot, skenker en ondersteuner wat deel was van hierdie besonderse reis. Sonder julle sou dit nie moontlik gewees het nie! Die kilometers is agter ons, maar die verskil wat ons saam maak, lê nog voor! #Lekkewaan #GroenTrek2026 #AgriSecuritas #LandelikeVeiligheid #CenturiontotWellington #FarmSpace #OnsPraatBoer
24 Oct 2026
Dag 8 en die manne is weer op pad! Die Lekkewaan Groen Trek-span is nou in Willowmore en pak die pad na De Rust aan! Rayton, die area bestuurder, vertel hoe dit sover gaan en verklap sommer watter een van die drie karretjies sy gunsteling is! Met die Groen Trek samel Lekkewaan fondse in vir Agri Securitas om landelike veiligheid te ondersteun. Wil jy ook 'n bydrae maak? Skenk hier: https://www.givengain.com/event/groen-trek-2026-10732 #Lekkewaan #GroenTrek2026 #CenturiontotWellington #FarmSpace #OnsPraatBoer
21 Oct 2026
Day 7 is a wrap! We catch up with Schalk, Lekkewaan’s Area Manager for the Eastern and Western Cape, who joined the Groen Trek in Colesberg! He shares his experience on the road so far. The Groen Trek is raising funds for Agri Securitas to support rural safety and help keep our farmers and communities safe. Support the cause and make a donation: https://www.givengain.com/event/groen-trek-2026-10732 #Lekkewaan #GroenTrek2026 #CenturiontotWellington #FarmSpace #OnsPraatBoer
20 Oct 2026
Dag 7 en die wiele hou aan draai! Die Lekkewaan Groen Trek-span ry vandag van Graaff-Reinet na Steytlerville! Gister het die karretjies die Lootsbergpas aangedurf en mooi hulle kant gebring! Die Groen Trek samel fondse in vir Agri Securitas om landelike veiligheid te ondersteun en ons boere en gemeenskappe veiliger te help hou. Maak jou bydrae: https://www.givengain.com/event/groen-trek-2026-10732 #Lekkewaan #GroenTrek2026 #CenturiontotWellington #FarmSpace #OnsPraatBoer
20 Oct 2026
Dag 6: Nog ’n dag nader aan die doel! Ons gesels met Herman oor hoekom hy ’n Lekkewaan-handelaar is, waarom hy saamry en wat landelike veiligheid vir hom as boer beteken! Die Groen Trek samel fondse in vir Agri Securitas om landelike veiligheid te ondersteun. Maak jou bydrae: https://www.givengain.com/event/groen-trek-2026-10732 #Lekkewaan #GroenTrek2026 #CenturiontotWellington #FarmSpace #OnsPraatBoer
19 Oct 2026
Dag 5 is in die sakkie! 892 km later en die Lekkewaan Groen Trek is amper halfpad! Die manne sluit Dag 5 af by Chargo Marino Inn in Colesberg, een van Lekkewaan se kliënte. Die karretjies hou nog mooi en die span gesels sommer klaar oor wat môre se roete vir hulle inhou. Nog baie kilometers en avonture lê voor! Ondersteun die manne se doel om fondse vir Agri Securitas en landelike veiligheid in te samel. Skenk hier: https://www.givengain.com/event/groen-trek-2026-10732 #Lekkewaan #GroenTrek2026 #CenturiontotWellington #FarmSpace #OnsPraatBoer
18 Oct 2026
Dag 5 – Volgende stop, Colesberg! Die Lekkewaan Groen Trek se wiele draai weer! Riaan vertel vir ons, op sy laaste dag saam op die Groen Tek, hoe hy die toer ervaar het en wat vir hom die lekkerste was. Die Groen Trek word aangepak om bewusmaking te skep en fondse vir Agri Securitas in te samel, ter ondersteuning van landelike veiligheid en plaasgemeenskappe. Wil jy ook ’n bydrae maak? Skenk hier: https://www.givengain.com/event/groen-trek-2026-10732 #Lekkewaan #GroenTrek2026 #CenturiontotWellington #FarmSpace #OnsPraatBoer
18 Oct 2026
Dag 4 eindig in Trompsburg! Trompsburg was die laaste stop van Dag 4 van die Lekkewaan Groen Trek! Ons gesels met Stefan van Schalkwyk, voorsitter van die Trompsburg Boerevereniging, oor landelike veiligheid en wat hulle doen om Trompsburg en die omliggende gemeenskap veilig te hou. Landelike veiligheid bly ’n belangrike saak, en dit wys net weer hoe belangrik dit is dat gemeenskappe saamstaan! #Lekkewaan #GroenTrek2026 #LandelikeVeiligheid #FarmSpace #OnsPraatBoer
17 Oct 2026
Van Johannesburg tot Wellington op batterykrag? ⚡🛺 Die Lekkewaan Groen Trek 2026 pak dié reis met drie padwaardige, elektriese voertuie aan! Vind uit hoe hulle saam met Agri Securitas fondse vir plaasveiligheid gaan insamel en hoe jy kan help. Kontak Pierneef Smit by 082 571 6469 | www.lekkewaan.co.za #Lekkewaan #GroenTrek2026 #Plaasveiligheid #FarmSpace #OnsPraatBoer 0:00 Wat is die Lekkewaan Groen Trek? 0:15 Die plan: ’n langpadrit op batterykrag 0:49 Die toetsrit en daaglikse afstande 1:12 Teruggee aan boere en plaasveiligheid 1:49 Só raak jy betrokke 2:10 Hoofborge en vlaggies op die karretjies 2:28 Afstandborge: daar’s nog plek! 3:04 Drie elektriese karretjies op pad na Wellington
16 Sept 2026
Wil jy jou handelsmerk landwyd laat reis? 🇿🇦⚡ Word deel van die Lekkewaan Groen Trek 2026 as hoof- of afstandsborg en kry waardevolle blootstelling van Johannesburg tot in die Kaap. En die beste deel? Elke karretjie pak die pad met batterykrag...geen brandstof nodig nie! 🔋 Kontak Pierneef Smit by 082 571 6469, indien jy deel wil wees. Besoek www.lekkewaan.co.za, vir meer inligting. #Lekkewaan #GroenTrek2026 #Borgskap #FarmSpace #OnsPraatBoer 00:00 Lekkewaan Groen Trek 2026 00:12 Ontmoet die hoofborge 00:34 Word deel van die Groen Trek 00:53 Ander borggeleenthede 01:02 Blootstelling op die vragbokse 01:19 Kontak die Lekkewaan-span
14 Sept 2026