Loading results…
Loading results…
Tagged #houtasyn
1 result
Jan-Daniël van Staden van Jarnsmior vertel oor hul volledige biomassa-oplossing - die proses begin by die verwydering en verwerking van bosmateriaal en eindig met produkte soos biochar, houtasyn en kompos wat weer op die plaas gebruik kan word. Kyk ook na hulle aggressiewe biomassasnyer, wat met 10 lemme werk en, afhangend van hoe dit gevoer word, tot ongeveer 10 ton materiaal per uur kan verwerk. Die eenvormige houtstukke droog vinniger en kan direk in die mandjies van hulle biochar-oonde gelaai word. Vind uit: • Hoe die biomassasnyer werk • Waarom die hout vinniger droog • Hoe biochar water en voedingstowwe in die grond kan help behou • Waarvoor houtasyn gebruik word • Hoe die oorblywende takke en blare in kompos omskep word • Hoe Jarnsmior oplossings volgens ’n boer se behoefte kan aanpas Van bosverdigting tot grondverbetering — só word die kringloop op die plaas voltooi! 🌐 www.jarnsmior.co.za #Jarnsmior #Billeter #Biochar #Houtasyn #Kompos #FarmSpace #OnsPraatBoer 00:00 – Ontmoet Jarnsmior en hul biomassa-oplossings 00:28 – Watter tipe biomassa word verwerk? 00:43 – Die biomassasnyer as deel van die oplossing 01:00 – ’n Begin-tot-einde oplossing op die plaas 01:42 – Van bosmateriaal na biochar en houtasyn 01:54 – Hoe houtasyn en biochar op die plaas gebruik word 02:18 – Verander bosverdigting in ’n landbou-inset 02:34 – Takke en blare word kompos 02:51 – Die biomassasnyer in aksie 03:54 – Hoe werk die tien lemme? 04:01 – Kapasiteit van tot 10 ton per uur 04:25 – Van die snyer na die biochar-oond 04:35 – Waarom die hout vinniger droog 04:57 – Lengte en grootte van die gesnyde materiaal 05:06 – Pasgemaakte biomassa-oplossings 05:17 – Jarnsmior se benadering tot biomateriaal
20 Jul 2026