Deel 2 - Hoe gebruik Magnus Jarnsmior se Lokomotief op sy plaas?
Ons het in Deel 1 gekyk na die waarom agter Jarnsmior se Lokomotief β nou kyk ons in Deel 2 na die hoe. π Magnus neem ons op sy plaas deur die praktiese proses: van die voorbereiding van die hout tot die 24-uur verwerking en die produksie van biochar, houtasyn en Stockholmteer. Hy deel ook sy ervaring van die arbeid wat benodig word, hoe die masjien bestuur word en hoe hy die produkte verder in sy boerdery benut. βn Praktiese kykie na wat gebeur wanneer hout op die plaas van βn probleem na βn bruikbare hulpbron verander. π www.jarnsmior.co.za π Kyk Deel 1 hier: https://youtu.be/mI1csFltdYM #Jarnsmior #Biochar #Houtasyn #FarmSpace #OnsPraatBoer 00:00 β Hoe gebruik Magnus die Jarnsmior Lokomotief? 00:42 β Waar kom die hout vandaan? 01:14 β Houtvoorbereiding en voginhoud 01:49 β Die 24-uur verwerkingsproses 02:45 β Hoe werk die retort en kondensor? 03:58 β Houtasyn en Stockholmteer 05:42 β Waarvoor gebruik Magnus houtasyn? 07:15 β Hoe maklik is die masjien om te bestuur? 08:19 β Arbeid, hout en praktiese koste 10:28 β Wat gebeur met die biochar? 11:26 β Biochar en langtermyn koolstof in die grond 11:31 β Sou Magnus dit aanbeveel?












Comments
No comments yet. Be the first!