Loading results…
Loading results…
Tagged #jakkalslandboutoerusting
8 results
Toit Barnard vertel oor die ontwikkeling van hierdie kontoermaker, ’n verstelbare implement wat gebruik kan word om nuwe kontoere te bou, bestaande kontoere te herstel, dreineringslote te vorm en grondwalle op te trek. Jakkals Landbou Toerusting het eers ’n konsep gebou, dit getoets en daarna verskeie aanpassings gemaak. Die finale ontwerp fokus op drie praktiese vereistes: goeie materiaalvloei, voldoende penetrasie en die vermoë om die werkshoek tydens gebruik te verander. Verder word daar bespreek: • Waarom nuwe en bestaande kontoere verskillende skottelopstellings benodig • Hoe die binneste skottels verwyder kan word vir beter materiaalvloei • Waarom elke skottel sy eie landbou-naaf en hanger het • Hoe minder skottels meer penetrasiegewig per skottel gee • Die ploegeffek en groot hoeveelheid grond wat die implement verskuif • Die 30mm slytplaatarms en swaardiensraam • Die 150 × 100 × 10mm hoofbalke • Hidrouliese hoekverstelling vanuit die trekkerkajuit • Hoe die sloot water lei en die wal afloopwater vertraag • Die stapsgewyse proses om ’n nuwe kontoer te bou • Opsionele skottelgroottes en verstelbare spasiëring • Die verskil tussen ’n skraper en ’n toegewyde kontoermaker Die standaardopstelling het ses skottels per kant. Vir die herstel van ou kontoere kan die binneste skottels verwyder en die oorblywende skottels geskuif word om meer ruimte vir graspolle en plantmateriaal te skep. Kontak hom by 082 492 3381 vir meer inligting. #JakkalsLandbouToerusting #Kontoermaker #FarmSpace #OnsPraatBoer 0:00 Het jy ’n kontoermaker nodig? 0:23 Ontmoet Toit Barnard en die Jakkals-kontoermaker 0:32 Waarom hierdie kontoermaker anders ontwerp is 0:46 Navorsing, prototipes en aanpassings 1:08 Nuwe kontoere teenoor bestaande kontoere 1:25 Graspolle, bossies en materiaalvloei 1:35 Skottelopstelling vir nuwe kontoere 1:53 Skottelopstelling vir die herstel van ou kontoere 2:10 Meer penetrasiegewig per skottel 2:18 Individuele landbou-nawe en hangers 2:46 Waarom die kontoermaker so hard werk 2:58 Die 30mm slytplaatarms 3:13 Hidrouliese hoekverstelling 3:27 Verstel die implement terwyl jy ry 4:01 Die 150 × 100 × 10mm hoofbalke 4:29 Hoe moet ’n goeie kontoer lyk? 4:39 Beheer water met ’n sloot en wal 5:11 Waarom genoeg kontoere belangrik is 5:35 Hoe om ’n nuwe kontoer stapsgewys te bou 5:53 Opsionele kleiner skottels 6:17 Skraper teenoor toegewyde kontoermaker 7:00 Die aanbevole ses-skottel-opstelling 7:27 Finale indruk en kontakbesonderhede
03 Aug 2026
Toit Barnard van Jakkals Landbou Toerusting gesels oor hulle nuwe intreevlak-tapkar, wat vir boere wat meer doeltreffend wil stroop ontwikkel is sonder om ’n groot bedrag aan ’n enorme graankar te bestee. Die Jakkals-tapkar het ’n kapasiteit van 12 000 liter, kan ongeveer 10 ton mielies dra en sy vrag binne minder as vier minute aflaai. Ons kyk onder meer na: • Die R250 000 prysklas • Die 12 000ℓ kapasiteit • Die hidroulies aangedrewe aflaai awegaar • Die hidrouliese sluis en handmatige nooduitlaat • Die onderhoudstoegang by die "flights" • Die beskermde posisie van die hidrouliese motor • Die verstelbare as en gewigsverdeling • Die 6mm "flights" en 275mm spiraal • Standaard- en opsionele bandgroottes • Die modulêre konstruksie en vervangbare panele • Die lang aflaaipyp vir hoër vragmotors en landsilo’s • Die toekomstige 18 000ℓ model Hierdie is nie ’n tapkar met onnodige luukshede nie - dit is ’n eenvoudige, praktiese masjien wat gebou is om die stroper aan die beweeg te hou. Dit bied die regte balans tussen prys, kapasiteit en werkverrigting vir jou boerdery! ☎️ Kontak Toit Barnard vandag by 082 492 3381. #JakkalsLandbouToerusting #Tapkar #FarmSpace #OnsPraatBoer 0:00 ’n Nuwe tapkar vir R250 000 0:20 Ontmoet Toit Barnard van Jakkals Landbou Toerusting 0:28 Waarom ’n tapkar nie buitensporig duur hoef te wees nie 0:35 Die 12 000ℓ intreevlakmodel 0:46 Hidrouliese aandrywing en sluisbeheer 1:01 Nooduitlaat en onderhoudstoegang 1:25 Die beskermde hidrouliese motor 1:46 Asposisie en beter gewigsverdeling 2:05 Verstelbare as en gewig op die trekker haak 2:34 Hoe die wipplank-effek beperk word 2:44 Die 6mm "flights" en 275mm spiraal 3:03 Standaard- en opsionele bande 3:25 Die toekomstige 18 000ℓ model 3:33 Ongeveer 10 ton binne vier minute afgelaai 3:47 Modulêre konstruksie en vervangbare panele 4:02 Die lang en hoë aflaaipyp 4:18 Kan die tapkar groot vragmotors laai? 4:25 Wat kry jy vir R250 000? 4:34 Hoe om Jakkals te kontak
23 Jul 2026
Jakkals Landbou Toerusting is van hierdie jaar af by NAMPO 2026! Kom by hulle uit en kry vir jou 'n rolsif, skraper, tafelkar, ens. by standplaas NG6 en NG7 (agter by die Beeskompleks). Bel of WhatsApp vir Toit Barnard by 082 492 3381 vir meer inligting. #JakkalsLandbouToerusting #Skraper #Rolsif #NAMPO2026 #FarmSpace #OnsPraatBoer
10 May 2026
Hoekom is Jakkals Landbou Toerusting se rolsif die regte een om langs jou stroper te staan? Elke seisoen het sy uitdagings, maar as jy jou eie sif het - gaan dit vir jou geld maak. Maak seker jy bel of WhatsApp vir Toit Barnard by 082 492 3381. #JakkalsLandbouToerusting #Skraper #FarmSpace #OnsPraatBoer
01 Apr 2026
Waarvoor is Jakkals Landbou Toerusting se skraper ontwerp? Om elke taak doeltreffend en sonder moeite af te handel. Kwaliteit en werkverrigting saam in een robuuste werktuig. Vir meer inligting en/of pryse bel of WhatsApp vir Toit Barnard by 082 492 3381. #JakkalsLandbouToerusting #Skraper #FarmSpace #OnsPraatBoer
23 Mar 2026
Jakkals Landbou Toerusting het hulle huiswerk gedoen en Toit Barnard vertel meer oor hoe hulle Roleg jou kan help. Skakel hom by 082 492 3381 vir meer inligting! #JakkalsLandbouToerusting #Roleg #FarmSpace #OnsPraatBoer
20 Oct 2025
Het jy hierdie jaar te veel tafels op- en afgehaak en wens jy het 'n ordentlike tafelkar? Toit Barnard van Jakkals Landbou Toerusting verduidelik ons meer oor wat hulle tafelkar anders maak. Skakel hom by 082 492 3381 vir meer inligting! #JakkalsLandbouToerusting #BokI #Tafelkar #FarmSpace #OnsPraatBoer
07 Jul 2025
Moeg gesukkel met hidroliese silinders op jou implemente? Jakkals Landbou Toerusting het raad vir jou op Nampo 2025. Hulle bou die silinders vir Boki se implemente en as dit op Boki werk dan is dit goeie kwaliteit. Kontak vir Toit: 082 492 3381 indien jy meer inligting soek. www.boki.co.za #JakkalsLandbouToerusting #HidrolieseSilinders #Nampo2025 #FarmSpace #OnsPraatBoer
15 May 2025