Kan ’n nuwe 12 000ℓ tapkar van R250 000 jou stroopproses vinniger maak? Jakkals Landbou Toerusting.
Toit Barnard van Jakkals Landbou Toerusting gesels oor hulle nuwe intreevlak-tapkar, wat vir boere wat meer doeltreffend wil stroop ontwikkel is sonder om ’n groot bedrag aan ’n enorme graankar te bestee. Die Jakkals-tapkar het ’n kapasiteit van 12 000 liter, kan ongeveer 10 ton mielies dra en sy vrag binne minder as vier minute aflaai. Ons kyk onder meer na: • Die R250 000 prysklas • Die 12 000ℓ kapasiteit • Die hidroulies aangedrewe aflaai awegaar • Die hidrouliese sluis en handmatige nooduitlaat • Die onderhoudstoegang by die "flights" • Die beskermde posisie van die hidrouliese motor • Die verstelbare as en gewigsverdeling • Die 6mm "flights" en 275mm spiraal • Standaard- en opsionele bandgroottes • Die modulêre konstruksie en vervangbare panele • Die lang aflaaipyp vir hoër vragmotors en landsilo’s • Die toekomstige 18 000ℓ model Hierdie is nie ’n tapkar met onnodige luukshede nie - dit is ’n eenvoudige, praktiese masjien wat gebou is om die stroper aan die beweeg te hou. Dit bied die regte balans tussen prys, kapasiteit en werkverrigting vir jou boerdery! ☎️ Kontak Toit Barnard vandag by 082 492 3381. #JakkalsLandbouToerusting #Tapkar #FarmSpace #OnsPraatBoer 0:00 ’n Nuwe tapkar vir R250 000 0:20 Ontmoet Toit Barnard van Jakkals Landbou Toerusting 0:28 Waarom ’n tapkar nie buitensporig duur hoef te wees nie 0:35 Die 12 000ℓ intreevlakmodel 0:46 Hidrouliese aandrywing en sluisbeheer 1:01 Nooduitlaat en onderhoudstoegang 1:25 Die beskermde hidrouliese motor 1:46 Asposisie en beter gewigsverdeling 2:05 Verstelbare as en gewig op die trekker haak 2:34 Hoe die wipplank-effek beperk word 2:44 Die 6mm "flights" en 275mm spiraal 3:03 Standaard- en opsionele bande 3:25 Die toekomstige 18 000ℓ model 3:33 Ongeveer 10 ton binne vier minute afgelaai 3:47 Modulêre konstruksie en vervangbare panele 4:02 Die lang en hoë aflaaipyp 4:18 Kan die tapkar groot vragmotors laai? 4:25 Wat kry jy vir R250 000? 4:34 Hoe om Jakkals te kontak












Comments
No comments yet. Be the first!