Loading results…
Loading results…
Tagged #kapperdis
4 results
Junior Ferreira het al ongeveer 1 200 ha per jaar met die Bok.I hoëspoeddis gewerk. Sy ervaring wys waar die dis in ’n bewerkingstelsel pas, hoe grondtoestande die gebruik daarvan beïnvloed en waarom dit belangrik is om nie ’n swaar implement onnodig te gebruik nie. Hy deel ook sy ervaring met die kapperdis nadat hy dit in ’n proef teenoor die kompaktdis en onbehandelde stoppels vergelyk het. Die resultaat wys dat ’n kapperdis ’n plek kan hê wanneer jy stoppels wil bestuur, maar steeds grondbedekking en vogbewaring wil behou. Ontdek meer oor Bok Implemente by www.boki.co.za #BokImplemente #Hoëspoeddis #Kapperdis #Vogbewaring #FarmSpace #OnsPraatBoer 00:00 Junior se boerderystelsel en vogbewaring 00:32 Bewerkingspraktyke en grondtipes 01:17 Waarom vogbewaring die prioriteit is 02:03 Strip-till, grondbedekking en koolstof 03:39 ’n Langtermynvisie vir grondverbetering 05:30 Kapperdis teenoor hoëspoeddis 06:11 Onkruidbeheer en grondbedekking 07:20 Waar pas die kapperdis in? 08:44 Elke implement het sy plek 09:19 Junior se ervaring met die kapperdis 10:15 Junior se vyf jaar met die Bok.I hoëspoeddis 11:08 Vogbewaring en Bok.I
30 Sept 2026
Hoe verander jy ’n bestaande hoëspoedskottel in ’n heel ander bewerkingsmasjien? Hendri du Toit van Bok Implemente gesels oor hulle nuwe 'kapperdis'-konsep en die denke agter ultra-vlak bewerking. Die masjien is ontwerp om materiaal te kap en baie vlak te bewerk, maar die groot voordeel lê in die verskillende konfigurasies wat moontlik is. Kappers voor en agter? Reguit kouters? Skottels? "Vertical tillage"? Die modulêre ontwerp maak dit moontlik om die masjien volgens behoefte en omstandighede saam te stel. Hy verduidelik ook hoe bestaande Bok.I-komponente en hoëspoedrame gebruik kan word om die koste van ’n nuwe bewerkingskonsep aansienlik te verminder. 🌐 www.boki.co.za #BokImplemente #Kapperdis #Grondbewerking #FarmSpace #OnsPraatBoer 00:00 Bok.I se nuwe 'kapperdis' 00:42 Wat is ultra-vlak bewerking? 01:29 Hoe ontwikkel Bok.I ’n nuwe masjien? 02:31 Gebou op Bok.I se hoëspoedraam 02:59 Verskillende konfigurasies 03:20 Kap en bestuur mieliereste 04:41 Hoekom so vlak bewerk? 05:24 "Vertical tillage" en reguit kouters 05:56 ’n Modulêre benadering tot grondbewerking 06:29 Minder koste, meer moontlikhede 07:36 Wanneer sien ons die kapperdis in aksie? 07:48 Stel jou eie Bok.I-konfigurasie saam
21 Aug 2026
Interessante tye, interessante planne! Hendri du Toit van Bok.I vertel ons meer oor hulle 'kapperdis', hoe dit werk en wat dit doen. www.boki.co.za #BokImplemente #Kapperdis #FarmSpace #OnsPraatBoer
21 Mar 2026
Die innoverendheid hou nooit op nie, veral nie hier by Bok.I nie! Watter masjien het hulle vir jou hier? Hendri du Toit vertel ons meer oor hulle unieke 'kapperdis'. www.boki.co.za #BokImplemente #Kapperdis #CrossTiller #NAMPO2025 #FarmSpace #OnsPraatBoer
27 Jun 2025