FarmspaceBok.I kapperdis: Een raam, verskillende bewerkings
Hoe verander jy ’n bestaande hoëspoedskottel in ’n heel ander bewerkingsmasjien? Hendri du Toit van Bok Implemente gesels oor hulle nuwe 'kapperdis'-konsep en die denke agter ultra-vlak bewerking. Die masjien is ontwerp om materiaal te kap en baie vlak te bewerk, maar die groot voordeel lê in die verskillende konfigurasies wat moontlik is. Kappers voor en agter? Reguit kouters? Skottels? "Vertical tillage"? Die modulêre ontwerp maak dit moontlik om die masjien volgens behoefte en omstandighede saam te stel. Hy verduidelik ook hoe bestaande Bok.I-komponente en hoëspoedrame gebruik kan word om die koste van ’n nuwe bewerkingskonsep aansienlik te verminder. 🌐 www.boki.co.za #BokImplemente #Kapperdis #Grondbewerking #FarmSpace #OnsPraatBoer 00:00 Bok.I se nuwe 'kapperdis' 00:42 Wat is ultra-vlak bewerking? 01:29 Hoe ontwikkel Bok.I ’n nuwe masjien? 02:31 Gebou op Bok.I se hoëspoedraam 02:59 Verskillende konfigurasies 03:20 Kap en bestuur mieliereste 04:41 Hoekom so vlak bewerk? 05:24 "Vertical tillage" en reguit kouters 05:56 ’n Modulêre benadering tot grondbewerking 06:29 Minder koste, meer moontlikhede 07:36 Wanneer sien ons die kapperdis in aksie? 07:48 Stel jou eie Bok.I-konfigurasie saam












Comments
No comments yet. Be the first!