Loading results…
Loading results…
Tagged #vogbewaring
2 results
Junior Ferreira het al ongeveer 1 200 ha per jaar met die Bok.I hoëspoeddis gewerk. Sy ervaring wys waar die dis in ’n bewerkingstelsel pas, hoe grondtoestande die gebruik daarvan beïnvloed en waarom dit belangrik is om nie ’n swaar implement onnodig te gebruik nie. Hy deel ook sy ervaring met die kapperdis nadat hy dit in ’n proef teenoor die kompaktdis en onbehandelde stoppels vergelyk het. Die resultaat wys dat ’n kapperdis ’n plek kan hê wanneer jy stoppels wil bestuur, maar steeds grondbedekking en vogbewaring wil behou. Ontdek meer oor Bok Implemente by www.boki.co.za #BokImplemente #Hoëspoeddis #Kapperdis #Vogbewaring #FarmSpace #OnsPraatBoer 00:00 Junior se boerderystelsel en vogbewaring 00:32 Bewerkingspraktyke en grondtipes 01:17 Waarom vogbewaring die prioriteit is 02:03 Strip-till, grondbedekking en koolstof 03:39 ’n Langtermynvisie vir grondverbetering 05:30 Kapperdis teenoor hoëspoeddis 06:11 Onkruidbeheer en grondbedekking 07:20 Waar pas die kapperdis in? 08:44 Elke implement het sy plek 09:19 Junior se ervaring met die kapperdis 10:15 Junior se vyf jaar met die Bok.I hoëspoeddis 11:08 Vogbewaring en Bok.I
30 Sept 2026
Vogbewaring begin nie net by hoeveel reën jy kry nie – dit gaan ook oor wat jy met jou grond doen nadat die reën geval het. Hendri du Toit van Bok Implemente verduidelik hoe verskillende Bok.I-oplossings in ’n vogbewaringstrategie kan pas. Ons kyk na kettingdisse vir vlak bewerking en onkruidbeheer, materiaal- en stoppelbestuur, groter skottels vir swaarder reste en die inline ripper vir verdigtingslae, dieper grondprofiele en beter verseëling. Watter implement pas by jou grond en jou bewerkingsdoelwit? 🌐 www.boki.co.za #BokImplemente #Vogbewaring #Grondbewerking #FarmSpace #OnsPraatBoer 00:00 – Hoekom vogbewaring belangrik is 00:49 – Kettingdis: Vlak bewerking en onkruidbeheer 02:56 – Kettingdis vs hoëspoed-skottel 04:46 – Kettingdis-modelle en ligter bewerking 05:59 – Hoeveel materiaal moet jy hanteer? 07:27 – Kalk, grondgesondheid en vogbewaring 08:28 – Inline ripper: Verdigtingslae en dieper grondprofiele 10:51 – Rip sonder om vog te verloor 14:01 – Bok.I se waarde vir geld
21 Aug 2026