FarmspaceVogbewaring: Watter grondbewerking werk vir jou plaas? | Bok.I
Vogbewaring begin nie net by hoeveel reën jy kry nie – dit gaan ook oor wat jy met jou grond doen nadat die reën geval het. Hendri du Toit van Bok Implemente verduidelik hoe verskillende Bok.I-oplossings in ’n vogbewaringstrategie kan pas. Ons kyk na kettingdisse vir vlak bewerking en onkruidbeheer, materiaal- en stoppelbestuur, groter skottels vir swaarder reste en die inline ripper vir verdigtingslae, dieper grondprofiele en beter verseëling. Watter implement pas by jou grond en jou bewerkingsdoelwit? 🌐 www.boki.co.za #BokImplemente #Vogbewaring #Grondbewerking #FarmSpace #OnsPraatBoer 00:00 – Hoekom vogbewaring belangrik is 00:49 – Kettingdis: Vlak bewerking en onkruidbeheer 02:56 – Kettingdis vs hoëspoed-skottel 04:46 – Kettingdis-modelle en ligter bewerking 05:59 – Hoeveel materiaal moet jy hanteer? 07:27 – Kalk, grondgesondheid en vogbewaring 08:28 – Inline ripper: Verdigtingslae en dieper grondprofiele 10:51 – Rip sonder om vog te verloor 14:01 – Bok.I se waarde vir geld












Comments
No comments yet. Be the first!