Loading results…
Loading results…
Tagged #agri360
4 results
Jy neem miljoene rande se besluite op grond van ’n paar kilogram grond. Maak seker daardie monster vertel die waarheid. Agri 360 se presisie-grondboor neem elke monster konsekwent op die regte diepte en koppel dit aan ’n presiese GPS-posisie — vinnig, akkuraat en herhaalbaar. Dit gee vir jou betroubare gronddata waarmee jy kan bepaal: • Waar jou grond se voedingstekorte lê • Waar jy op kunsmis kan bespaar sonder om potensiaal in te boet • Waar kalk, fosfaat en kalium werklik toegedien moet word • Hoe om elke hektaar se opbrengspotensiaal beter te benut Grondontleding gaan nie net oor wat in jou grond is nie - dit gaan oor hoe jy daardie kennis gebruik om risiko te verminder, insette slimmer te bestuur en jou boerdery se winsgewendheid te beskerm. Moenie jou volgende seisoen op raaiwerk bou nie. Toets dit. Verstaan dit. Benut dit. 🌐 www.agri-360.co.za #Agri360 #VSAgri #Grondontledings #FarmSpace #OnsPraatBoer
03 Aug 2026
Insetkoste styg. Marges raak kleiner. Daarom was akkurate gronddata nog nooit so belangrik soos nou nie. In 'n seisoen waar elke rand tel, kan verkeerde bemestingsbesluite jou duisende – selfs miljoene – kos. Ons gesels met Jan Lubbe van Agri 360 oor waarom professionele, herhaalbare grondontledings een van die belangrikste beleggings is wat 'n boer voor die nuwe seisoen kan maak. Leer meer oor: - Waarom grondontledings belangriker is in uitdagende seisoene - Hoe akkurate gronddata kunsmiskoste kan optimaliseer - Waarom herhaalbaarheid en presisie krities is vir beter besluitneming - Hoe veranderlike toediening jou insette meer doeltreffend laat werk - Waarom jy jou beste lande nie in moeilike jare moet afskeep nie Neem beter besluite met betroubare data - www.agri-360.co.za #Agri360 #VSAgri #Grondontledings #FarmSpace #OnsPraatBoer 00:00 Waarom hierdie seisoen anders is 00:22 Hoekom dit belangrik is om jou grond te ken 01:35 Hoe akkurate data risiko verminder 02:12 Wat beteken goeie gronddata? 03:20 Is grondontledings die belegging werd? 04:04 Handmonsters teenoor presisie-grondontledings 05:19 Slimmer bemestingsbesluite 06:06 Wat is veranderlike-toediening? 06:28 Moenie jou beste lande afskeep nie 07:17 Identifiseer jou beperkende faktor 08:28 Regstelling van voedingstekorte 08:45 Hoe Agri 360 se Cruiser werk 09:31 Finale raad vir die komende seisoen
25 Jul 2026
Wat doen Agri 360 en hoekom moet jy hulle by jou plaas uitkry? JP Erasmus verduidelik meer hoe hierdie grondboor-proses werk. Kry die regte diepte en data! Kontak vir Jan by 083 443 9581 om daardie Cruiser en masjien by jou uit te kry. www.agri-360.co.za #Agri360 #Wintex #Grondboor #FarmSpace #OnsPraatBoer
04 May 2026
Hoe boer jy beter? Alles begin by jou grond en om te weet wat in jou grond aangaan. Jan Lubbe van Agri 360 vertel ons meer oor die Wintex masjiene wat hulle aangekoop het en hoe hulle grondmonsters na 'n volgende vlak vat. Maak seker jy boer slimmer en kontak vir Jan by 083 443 9581! www.agri-360.co.za #Agri360 #Wintex #Grondboor #FarmSpace #OnsPraatBoer
20 Apr 2026