Hoe kan jy beter besluite oor jou grond neem? Hoor wat Jan van Agri 360 sê.
Insetkoste styg. Marges raak kleiner. Daarom was akkurate gronddata nog nooit so belangrik soos nou nie. In 'n seisoen waar elke rand tel, kan verkeerde bemestingsbesluite jou duisende – selfs miljoene – kos. Ons gesels met Jan Lubbe van Agri 360 oor waarom professionele, herhaalbare grondontledings een van die belangrikste beleggings is wat 'n boer voor die nuwe seisoen kan maak. Leer meer oor: - Waarom grondontledings belangriker is in uitdagende seisoene - Hoe akkurate gronddata kunsmiskoste kan optimaliseer - Waarom herhaalbaarheid en presisie krities is vir beter besluitneming - Hoe veranderlike toediening jou insette meer doeltreffend laat werk - Waarom jy jou beste lande nie in moeilike jare moet afskeep nie Neem beter besluite met betroubare data - www.agri-360.co.za #Agri360 #VSAgri #Grondontledings #FarmSpace #OnsPraatBoer 00:00 Waarom hierdie seisoen anders is 00:22 Hoekom dit belangrik is om jou grond te ken 01:35 Hoe akkurate data risiko verminder 02:12 Wat beteken goeie gronddata? 03:20 Is grondontledings die belegging werd? 04:04 Handmonsters teenoor presisie-grondontledings 05:19 Slimmer bemestingsbesluite 06:06 Wat is veranderlike-toediening? 06:28 Moenie jou beste lande afskeep nie 07:17 Identifiseer jou beperkende faktor 08:28 Regstelling van voedingstekorte 08:45 Hoe Agri 360 se Cruiser werk 09:31 Finale raad vir die komende seisoen












Comments
No comments yet. Be the first!