Hoeveel geld verloor jou plaas weens onakkurate gronddata? | Agri 360
Jy neem miljoene rande se besluite op grond van ’n paar kilogram grond. Maak seker daardie monster vertel die waarheid. Agri 360 se presisie-grondboor neem elke monster konsekwent op die regte diepte en koppel dit aan ’n presiese GPS-posisie — vinnig, akkuraat en herhaalbaar. Dit gee vir jou betroubare gronddata waarmee jy kan bepaal: • Waar jou grond se voedingstekorte lê • Waar jy op kunsmis kan bespaar sonder om potensiaal in te boet • Waar kalk, fosfaat en kalium werklik toegedien moet word • Hoe om elke hektaar se opbrengspotensiaal beter te benut Grondontleding gaan nie net oor wat in jou grond is nie - dit gaan oor hoe jy daardie kennis gebruik om risiko te verminder, insette slimmer te bestuur en jou boerdery se winsgewendheid te beskerm. Moenie jou volgende seisoen op raaiwerk bou nie. Toets dit. Verstaan dit. Benut dit. 🌐 www.agri-360.co.za #Agri360 #VSAgri #Grondontledings #FarmSpace #OnsPraatBoer












Comments
No comments yet. Be the first!