Loading results…
Loading results…
Tagged #crosstill
3 results
Hoe hanteer die Legend Cross Till grond en oesreste sonder dat jy van implement hoef te verander? Die Cross Till se gangspasiëring is ontwerp vir beter materiaalvloei. Die Razor-skottels sny deur oesreste, terwyl die verstelbare rollerstelsel help om die gewenste afwerking agter die implement te skep. Die resultaat is drie bewerkingsmetodes in een implement: vertikale, minimum- en konvensionele bewerking. Kyk hoe die Legend Cross Till onder verskillende grond- en restetoestande werk. Bel Marius op 083 581 5709 of besoek https://www.agriafrika.co.za/crosstill vir meer inligting. #AgriAfrika #CrossTill #Grondbewerking #FarmSpace #OnsPraatBoer
18 Aug 2026
Een implement. Drie bewerkingsopsies. Die Legend Cross Till laat jou toe om die skottelhoek hidroulies vanuit die trekkerkajuit te verstel volgens jou grondtoestande en bewerkingsdoel: 0–3°: Vertikale bewerking om reste te sny en grondversteuring te beperk. 3–6°: Deklaag- of minimumbewerking om materiaal vas te pen en onkruid doeltreffender te beheer. 6–10°: Meer aggressiewe, konvensionele bewerking om grond en plantmateriaal deeglik om te werk. Met ’n werksdiepte van 0–225 mm, enkelpunt-dieptebeheer en ’n verstelbare enkel- of dubbelrollerstelsel gee die Cross Till jou die buigsaamheid om die land te bewerk soos dit nodig is-wanneer dit nodig is. Sien meer: https://www.agriafrika.co.za/crosstill #AgriAfrika #CrossTill #Grondbewerking #FarmSpace #OnsPraatBoer 00:00 Legend Cross Till: Drie bewerkings in een 00:44 Waarom die Cross Till ontwikkel is 01:10 Vertikale, deklaag- en konvensionele bewerking 03:08 Die masjien van nader bekyk 03:21 Hidrouliese verstelling vanuit die kajuit 04:01 Dieptebeheer en Razor-skottels 05:13 Onderhoudsvrye laers en plaaslike onderdele 05:44 Gangspasiëring vir beter materiaalvloei 06:23 Spike rollers en vogbewaring 07:02 Verstelbare enkel- en dubbelrollerstelsel 08:03 Die toekoms van presisiegrondbewerking 09:15 Beskikbare groottes en kragvereistes 09:34 Een implement wat drie se werk doen
11 Aug 2026
Die Agri Afrika Cross-Till gaan by Pro Tour Kroonstad wees! Maak seker jy is daar om hierdie demo te sien. https://www.agriafrika.co.za/ #AgriAfrkia #CrossTill #ProTour #FarmSpace #OnsPraatBoer
09 Jul 2026