Legend Cross Till: 3-in-1 grondbewerking vanuit die trekkerkajuit | Agri Afrika
Een implement. Drie bewerkingsopsies. Die Legend Cross Till laat jou toe om die skottelhoek hidroulies vanuit die trekkerkajuit te verstel volgens jou grondtoestande en bewerkingsdoel: 0–3°: Vertikale bewerking om reste te sny en grondversteuring te beperk. 3–6°: Deklaag- of minimumbewerking om materiaal vas te pen en onkruid doeltreffender te beheer. 6–10°: Meer aggressiewe, konvensionele bewerking om grond en plantmateriaal deeglik om te werk. Met ’n werksdiepte van 0–225 mm, enkelpunt-dieptebeheer en ’n verstelbare enkel- of dubbelrollerstelsel gee die Cross Till jou die buigsaamheid om die land te bewerk soos dit nodig is-wanneer dit nodig is. Sien meer: https://www.agriafrika.co.za/crosstill #AgriAfrika #CrossTill #Grondbewerking #FarmSpace #OnsPraatBoer 00:00 Legend Cross Till: Drie bewerkings in een 00:44 Waarom die Cross Till ontwikkel is 01:10 Vertikale, deklaag- en konvensionele bewerking 03:08 Die masjien van nader bekyk 03:21 Hidrouliese verstelling vanuit die kajuit 04:01 Dieptebeheer en Razor-skottels 05:13 Onderhoudsvrye laers en plaaslike onderdele 05:44 Gangspasiëring vir beter materiaalvloei 06:23 Spike rollers en vogbewaring 07:02 Verstelbare enkel- en dubbelrollerstelsel 08:03 Die toekoms van presisiegrondbewerking 09:15 Beskikbare groottes en kragvereistes 09:34 Een implement wat drie se werk doen












Comments
No comments yet. Be the first!