Loading results…
Loading results…
Tagged #lambchamps
80 results
Hy het dit wéér gedoen! 🏆 Paul van Rooyen stap as wenner by Lamb Champs Bloemfontein Bloemfontein 2026 weg . Ons vang hom net ná die aankondiging om te hoor wat dié oorwinning vir hom beteken en wat dit verg om weer bo uit te kom. Baie geluk, Paul! #FarmSpace #OnsPraatBoer #LambChamps #LambChamps2026 #meatmaster
29 Aug 2026
Lamb Champs se bekende Skaapkopeetkompetisie - wie gaan die titel as wenner verower? Ons kyk wie die vinnigste hul skaapkop alles opeet en 'n bier klaar drink. 🌐 www.lambchamps.co.za #LambChamps #LambChampsBloemfontein #Skaapkopeetkompetisie #FarmSpace #OnsPraatBoer
29 Aug 2026
Ons hoor sommer by 'n paar mense hoe hulle Lamb Champs Bloemfontein ervaar. Lekker atmosfeer, lekker lamsvleis, lekker makietie, lekker plek! Bly "tuned in" - die wenners gaan amper aangekondig word. 🌐 www.lambchamps.co.za #LambChamps #LambChampsBloemfontein #FarmSpace #OnsPraatBoer See less
29 Aug 2026
CASE is vandag by Lamb Champs Bloemfontein om die boere en die plaaslike gemeenskap te ondersteun. Ons gesels regstreeks met Charlene oor waarom dit vir hulle belangrik is om by geleenthede soos Lamb Champs betrokke te wees en terug te ploeg in die gemeenskappe wat landbou elke dag aan die gang hou. #FarmSpace #OnsPraatBoer #LambChamps #CASE #Landbougemeenskap
29 Aug 2026
Wat maak ’n goeie Meatmaster op die plaas én op die spit? Ons gesels met boer Dandré by Lamb Champs Bloemfontein oor sy skaapboerdery, sy deelname aan vanjaar se kompetisie en wat Lamb Champs vir hom beteken. #FarmSpace #OnsPraatBoer #LambChamps #Meatmaster #Skaapboerdery
29 Aug 2026
Gerdus Korb het al die pad van Vosburg af gekom om met sy Dorper-skape aan Lamb Champs Bloemfontein deel te neem. Vandag kry sy skaapboerdery ’n plek langs van die land se ander topboere - en ons gesels met hom oor sy deelname aan dié jaar se kompetisie. Bestel van Gerdus se lamsvleis by www.ditsemkaroo.com #FarmSpace #OnsPraatBoer #LambChamps #Dorper #Skaapboerdery
29 Aug 2026
Peet van Rooyen van Edenburg is een van die skaapboere wat vanjaar met sy Merino’s kom deelneem. Ons gesels met hom oor sy skape en hoe hy vir Lamb Champs Bloemfontein voorberei het. #FarmSpace #OnsPraatBoer #LambChamps #Merino #Skaapboerdery
29 Aug 2026
By Lamb Champs Bloemfontein gesels ons met Francois Wilken van Vrystaat Landbou oor die groot deurbraak wat onlangs namens Suid-Afrikaanse boere en hul vee gemaak is. #FarmSpace #OnsPraatBoer #LambChamps #VrystaatLandbou
29 Aug 2026
Lamb Champs Bloemfontein skop af! ’n Dag waar die landbougemeenskap, produsente en liefhebbers van topgehalte lamsvleis bymekaar kom. Die opening stel die toon vir ’n geleentheid vol goeie gees, kompetisie en alles wat Lamb Champs besonders maak. #LambChamps #LambChampsBloemfontein #Landbou #Boerdery #FarmSpace #OnsPraatBoer
29 Aug 2026
Nog niks beplan vir 29 Augustus nie? Kom kuier by Lamb Champs in die Toyota-stadion, geniet heerlike skaapvleis en ontdek wie as die Vrystaat se beste skaapboer gekroon word. Kry jou kaartjies nou! Vir meer inligting, besoek hul webtuiste: www.lambchamps.co.za #LambChamps #Vrystaat #Skaapboerdery #FarmSpace #OnsPraatBoer 00:00 Wat doen jy op 29 Augustus? 00:05 Lamb Champs by die Toyota-stadion 00:12 Wie is die Vrystaat se beste skaapboer? 00:24 Kry jou kaartjies of skryf in
25 Aug 2026
Kan Lamb Champs ’n boerdery se handelsmerk laat groei? Yolindie van Mohau Boerdery vertel waarom hulle met Vleismerino’s boer, hoe Lamb Champs hul aanvraag verhoog het en waarna hulle in ’n ideale karkaslam kyk. Sien hulle op 29 Augustus by Lamb Champs in Bloemfontein! Vir meer inligting, besoek Lamb Champs se webtuiste: https://www.lambchamps.co.za/ #LambChamps #Vleismerino #MohauBoerdery #FarmSpace #OnsPraatBoer 00:00 Ontmoet Yolindie van Mohau Boerdery 00:19 Waarom Vleismerino’s? 01:00 Deelname aan Lamb Champs 01:34 Van die plaas tot by die kliënt 02:15 Lamb Champs se bemarkingswaarde 02:59 Die groei van Mohau Boerdery 03:28 Heuning en boerseep 03:52 Hoe word slaglammers gekies? 04:58 Intensiewe teenoor ekstensiewe boerdery 05:38 Winsgewendheid en volhoubare groei 06:20 Lamb Champs Bloemfontein
24 Aug 2026
Is Ile de France die ideale vleisras? Telers deel waarom dié ras uitstaan met uitstekende karkasse, egalige vetverspreiding, mooi marmering en besonderse smaak. Ontdek waarom hulle keer op keer hul beste lammers na Lamb Champs bring! Besoek www.iledefrance.co.za vir meer inligting. #IledeFrance #LambChamps #Skaapvleis #FarmSpace #OnsPraatBoer 00:00 Ile de France se karkaspotensiaal 00:35 Waarom telers dié ras verkies 01:05 Unieke smaak en marmering 01:12 Deelname aan Lamb Champs 01:29 Groei en afronding in die voerkraal 02:01 Die ideale vleisras 02:31 Voorbereiding vir die kompetisie 03:09 Waarom telers die kans waag 03:45 Bouvorm, groeivermoë en vetverspreiding 04:27 Telers se vertroue in Ile de France 04:44 Kliënte kom terug vir meer 04:58 Die Lamb Champs-ervaring 05:07 Sagtheid en karkasstandaarde
03 Aug 2026
Hennie vertel ons meer oor sy boerdery en waarom hy met Hampshire Down skape boer. Hy skryf die jaar in vir Lamb Champs 2026 en hoop om te wen. https://www.lambchamps.co.za/ #LambChamps #HampshireDown #Skaap #FarmSpace #OnsPraatBoer
06 Jul 2026
Wat beteken Lamb Champs vir die boere en hulle boerdery? Sybrand vertel ons meer oor sy ervaring by die skou. www.lambchamps.co.za/ #LambChamps #KykNet #FarmSpace #OnsPraatBoer
26 Jun 2026
Wonder jy hoe Lamb Champs begin het? Iné Bester vertel meer oor die oorsprong van die kompetisie, die visie daaragter en waarom sy so trots is op hoe die reeks gegroei het. Moenie Seisoen 2 van Lamb Champs misloop nie – nou op kykNET. www.saai.org www.lambchamps.co.za #LambChamps #kykNET #SAAI #LandbouStories #FarmSpace #OnsPraatBoer
03 Jun 2026
"Jy kies nie boerdery nie, dit kies jou." Minki van der Westhuizen deel hoekom haar hartjie én magie propvol is ná Lamb Champs Seisoen 2 – kyk die reeks vanaf 10 Junie 2026. En moenie die groot Lamb Champs-kompetisie op 25 Julie 2026 in Pretoria misloop nie! Besoek https://www.lambchamps.co.za/ vir meer inligting. #LambChamps #MinkiVanDerWesthuizen #BoerderyMetPassie #FarmSpace #OnsPraatBoer
02 Jun 2026
Familieboere vorm die ruggraat van Suid-Afrikaanse landbou. Theo van Saai vertel hoe die organisasie boere ondersteun, saamwerk met inisiatiewe soos Lamb Champs, en wat ons kan doen om die verspreiding van BKS te beperk. https://www.saai.org/ https://www.lambchamps.co.za/ #SAAI #LambChamps #BKS #FarmSpace #OnsPraatBoer
29 May 2026
Is jy gereed vir Lamb Champs Pretoria, Bloemfontein en Boland? Ons gesels met Acton van Aardt wat by Lamb Champs Boland gaan deelneem en hoor watse tipe veld hy het, wat die effek van dit is op sy skape en wat hy vir sy skape voer wat hom laat glo dat hy die beste lam vleis produseer. www.lambchamps.co.za #LambChamps #Craddock #Merino #FarmSpace #OnsPraatBoer
15 Apr 2026
Is jy gereed vir die Lamb Champs Kompetisie? Ons gesels met Anton Nel van Witmos Ossewa Kamp, en hoor wat hy anders doen, watter verskillende tipe grasse hy gebruik as voer vir die diere en hoe hy homself voorberei vir so groot Kompetisie. www.lambchamps.co.za #LambChamps #WimosOssewaKamp #FarmSpace #OnsPraatBoer
10 Apr 2026
James Rheeder skryf die jaar n Merino lam in vir Lamb Champs 2026. Hy vertel ons meer oor sy opstel en proses met sy kidde. https://lambchamps.co.za/ #LambChamps #Merino #Skaap #FarmSpace #OnsPraatBoer
05 Apr 2026