Betaal jou versekering jou terug? | Pay As You Farm en oesversekering
Boerdery gaan oor risikobestuur, maar die regte versekeringsproduk kan jou help om daardie risiko slimmer én meer kostedoeltreffend te bestuur. Ernst Mielmann van SkadeGenade verduidelik hoe King Price Insurance se Pay As You Farm werk en waarom elke versekerde bate sy eie eisgeskiedenis het. Selfs wanneer daar ’n groot eis op een implement is, kan ’n boer steeds ’n bonus ontvang op ander bate waarop daar nie geëis is nie. Dit beoordeel risiko volgens waar en hoe landboutoerusting gebruik word. Wanneer toerusting veilig gestoor word, kan die boer ’n jaarlikse "shed rebate" van tot 30% van die jaarpremie ontvang. Ons kyk ook na SkadeGenade se pekanneutpoel, tradisionele oesversekering, produkte vir boere wat ’n gedeelte van hul risiko self wil dra en die rol wat ’n ervare landboumakelaar tydens ’n eis speel. 🌐 www.payasyoufarm.co.za #PayAsYouFarm #SkadeGenade #KingPriceInsurance #FarmSpace #OnsPraatBoer 00:00 Boerdery is risikobestuur 00:30 SkadeGenade se benadering tot risiko 01:09 Produkte wat verantwoordelike boere beloon 01:17 Hoe Pay As You Farm werk 01:39 Elke versekerde bate staan op sy eie 02:04 Kliënte wat reeds geld teruggekry het 02:14 Ernst se ervaring met die uitbetaling van eise 03:07 SkadeGenade se oesversekeringsoplossings 03:40 Hoe die pekanneutpoel werk 04:04 Gewone oesversekering deur Gemoedsrus 04:30 Laer premies deur ’n gedeelte van die risiko te dra 05:03 Oplossings vir groter en gediversifiseerde boere 05:44 Versekeringsopsies vir klein én groot boere 06:07 Ernst se ervaring met King Price Insurance 07:13 Reserwes, herversekering en groot eise 07:33 Waar die produkte beskikbaar is 08:04 Hoe om ’n kwotasie aan te vra












Comments
No comments yet. Be the first!