FarmspaceKan één planterkarretjie by elke grondtoestand aanpas? | Carrotech
Kan een planter-ry-eenheid aangepas word vir harde grond, sand, nat toestande, minimum bewerking én ongelyke lande? Arend Langer van Carrotech wys hul nuwe Monosem-ry-eenheid en verduidelik hoe die ontwerp aangepas is vir praktiese Suid-Afrikaanse planttoestande. Ons kyk na akkurate plantdiepte, verstelbare dieptebeheerwiele, 350mm vertikale beweging, onafhanklike toetrapwiele, downforce en upforce, Monoshox-versoenbaarheid en makliker onderhoud. Die doel? Minder stilstand, meer konstante saadplasing en ’n planter wat aangepas kan word wanneer toestande in die land verander. 🌐 www.monosem.co.za #Monosem #Carrotech #Planters #FarmSpace #OnsPraatBoer 0:00 Carrotech se nuwe Monosem-ry-eenheid 0:55 Nuwe gesleepte dieptebeheerwiel-uitleg 2:31 Oop geometrie en beter grondvryhoogte 3:13 Verbeterde plantdiepte en verstelbare wielposisie 5:01 Smal of wye dieptebeheerwiele – wat is die verskil? 6:14 Waarom die saadvoor korrek gevorm moet word 8:30 Hoekverstelling van die dieptebeheerwiele 11:11 Skrapers help om plantdiepte konstant te hou 11:47 Vervangbare middel-shank en makliker herstelwerk 12:46 Waarom een saadkouter voor die ander sny 15:06 Kalibreer elke ry-eenheid se plantdiepte 18:01 350 mm vertikale beweging vir ongelyke terrein 19:02 Groter skarnierpunte en vervangbare diensbuste 20:01 Individuele hoekverstelling van toetrapwiele 22:01 Onafhanklike beweging van die toetrapwiele 23:42 Wyer toetrapwiel-verstelling vir SA toestande 24:23 Saadtenk-afsluitsluis vir vinniger probleemoplossing 25:26 Maklike "T-handle" diepteverstelling 26:28 Makliker toegang tot die saadvoor-vormer 27:21 Maklike verstelling van ry-eenheid "downforce? 28:08 Monoshox en verstelbare "upforce" 29:16 ’n Ry-eenheid vir verskillende planttoestande 29:56 Is die nuwe ontwerp reeds in die veld getoets?












Comments
No comments yet. Be the first!