FarmspaceKan jou ripper diep werk, maar steeds harde grond tussen die tande agterlaat? | Bok Implemente
Oom Jan Strydom, 'n grondkundige, verduidelik in terme van die profielgat hoe ’n gewone 40cm C-tand ripper met Bok.I se inline ripper vergelyk. Daar word gekyk na tandspasiëring, werkdiepte, die grootte van die harde “pockets” tussen die tande en waarom volledige losbreek van die profiel so belangrik is vir waterinfiltrasie, wortelpenetrasie en suurstof. Verder word daar ook gesels oor vogbewaring, grondtoestande en waarom dieselfde bewerkingsresep nie oral werk nie. As jy ’n ripper koop, kyk wat onder die oppervlak gebeur. 🌐 www.boki.co.za #BokImplemente #InlineRipper #FarmSpace #OnsPraatBoer 00:00 Bok.I se inline ripper onder die vergrootglas 01:29 Waarna kyk jy wanneer jy grond rip? 01:44 Hoe beïnvloed tandspasiëring grondlosmaak? 02:16 Vog, spoed en die breekpatroon van grond 02:45 Wat doen ’n gewone veertand-ripper? 03:05 Hoe groot is die harde “pocket” tussen die tande? 05:27 Help vlerkskare regtig om meer grond los te maak? 06:06 Eerste indrukke van Bok.I se inline ripper 07:02 Die praktiese verskil tussen die twee rippers 08:10 ’n Verrassende resultaat tussen die tande 08:49 Jan Strydom se reaksie op die inline ripper 09:33 Hoe diep behoort ’n boer werklik te rip? 10:14 Wortelpenetrasie, water en suurstof 11:29 Bewerkingskeuses ná stroop 12:17 Waarom vogbewaring krities bly 13:27 ’n Moontlike bewerkingsprogram ná mielies 14:46 Stoppelbestuur en wind in die Wes-Vrystaat 16:13 Waarom jou streek jou bewerkingsbesluit bepaal 17:02 Geen enkele resep werk vir elke plaas nie 17:14 Is die Bok.I inline ripper die moeite werd om te toets?












Comments
No comments yet. Be the first!