Loading results…
Loading results…
Tagged #jonesmasjiene
93 results
By NAMPO Kaap gesels Willie Jones van Jones Masjiene oor hoe hul pilmasjiene werk — van maal en meng tot die kritieke magneetstasie wat ysterdeeltjies uit voer verwyder. Waarom is dit belangrik? Yster in 'n dier se pens verlaag smaaklikheid en proteïenopname, wat groei en gesondheid beïnvloed. Die video wys ook die koelproses wat hitte uit vars pille haal, en hoe Jones Masjiene modulêre, elektries-aangedrewe aanlegte ontwerp wat by enige stoor of begroting pas. Wil jy begin? Stuur 'n foto van jou stoor en 'n voerstaal vir 'n gratis kwotasie by www.jonesmasjiene.co.za. Right. Reg! www.jonesmasjiene.co.za #JonesMasjiene #Pilmasjiene #Boerdery #FarmSpace #OnsPraatBoer 0:00 Intro – Houtpille en die "wêreld red" grap 2:03 Die Jones Masjiene "Starter Pack" 3:03 Maalproses begin 3:17 Hoekom die magneet so belangrik is 5:21 Van menger na pilmasjien 6:58 Magneet-demo en koelproses 7:43 Modulêre opstelling vir jou plaas 8:03 Hoe om te begin & kwotasie-proses
22 Sept 2026
Van voer tot ’n finale pil, hoe werk die proses eintlik? Ons gesels met oom Willie van Jones Masjiene by NAMPO Kaap, waar hy wys hoe hul voerprosesseringsopstelling werk, van die pilmasjien en vervoer van die produk tot die eindresultaat wat jy sommer in jou hand kan hou. Met oom Willie is daar altyd ’n plan vir ’n praktiese voeroplossing. Right Reg! Lees meer oor Jones Masjiene by https://jonesmasjiene.co.za/ #JonesMasjiene #NAMPOKaap #Voerverwerking #Voertoerusting #Landbou #FarmSpace #OnsPraatBoer
10 Sept 2026
By NAMPO Kaap wys Willie Jones wat met die regte voerverwerking moontlik is – van mielies, semels en bosmateriaal tot hout- en sonneblompellets. Hy verduidelik waarom pellets voervermorsing en uitsortering kan beperk, makliker deur selfvoerders beweeg en hoe die hitte tydens die pelletiseringsproses die voer beïnvloed. Daar word ook verder gekyk na Jones Masjiene se hamermeulens, mengers, pelletmasjiene en volledige verwerkingsoplossings. 🌐 www.jonesmasjiene.co.za #JonesMasjiene #Pelletizer #Veevoer #NAMPOKaap #FarmSpace #OnsPraatBoer
10 Sept 2026
Wil jy jou voer beter verwerk? Ons gesels met Oom Willie van Jones Masjiene by NAMPO Kaap, waar hy van hul toerusting en die verskillende eindprodukte wys. Van die verwerking en verkleining van materiaal tot voer en pellets, hul masjiene word gebou rondom die kapasiteit en behoeftes van die boer. Gaan loer gerus by https://jonesmasjiene.co.za/ – dan is jy, soos Oom Willie sê, “Right Reg!” #JonesMasjiene #NAMPOKaap #Voerverwerking #Landbou #Boerdery #FarmSpace #OnsPraatBoer
08 Sept 2026
Right Reg - Jones Masjiene is die antwoord! Ons gesels met Willie oor wat hulle vir jou hier by Kragdag het, maak seker jy stop daar. www.jonesmasjiene.co.za #JonesMasjiene #Pilmasjien #KragDag2026 #FarmSpace #OnsPraatBoer
06 Aug 2026
Wanneer mieliepryse laag is, gaan dit nie net oor om mielies te verkoop nie – dit gaan daaroor om meer waarde uit elke ton te kry. Willie Jones wys hoe Jones Masjiene se mengers, pilmasjiene en voerverwerking jou help om koste-effektiewe rantsoene te meng en voer beter benutbaar vir jou diere te maak. Daar word gesels oor: • Voermengers • Pilmasjiene • Voerformules • Pellets • Gelatinisering van stysel • Hoe om meer waarde uit mielies te kry 🌐 www.jonesmasjiene.co.za #JonesMasjiene #Pilmasjien #FSProTourKroonstad2026 #FarmSpace #OnsPraatBoer 00:00 Right, reg! Willie Jones is terug 00:24 Meer waarde uit goedkoop mielies 00:55 Hoe 'n eenvoudige rantsoen saamgestel word 01:49 Hoe om diere geleidelik aan te pas 02:34 Jones se voermengers 03:07 Van menger na pilmasjien 03:50 Hoe lyk 'n goeie pellet? 04:28 Waarom pellets waarde toevoeg 04:43 Gelatinisering van stysel verduidelik 05:01 Jones se pryse staan al vier jaar 05:43 Masjiene bou masjiene
17 Jul 2026
Hoekom is dit so belangrik om die regte toerusting te gebruik? Jones Masjiene bring hul pilmasjien na FS Pro Tour Kroonstad. Kom kyk hoe hierdie pilmasjien ontwerp is om doeltreffend en betroubaar te werk tydens more se demonstrasie. Kry jou kaartjie vandag by: https://farmspace-ticket.co.za/ Vir meer inligting gaan na: https://jonesmasjiene.co.za/ #JonesMasjiene #FSProTour #Kroonstad #VertikaleIntegrasie #FarmSpace #OnsPraatBoer
14 Jul 2026
Met mielies teen ongeveer R3 000/ton en lusern teen R5 000/ton, is dit dalk tyd om jou voerkoste anders te benader. Kom kyk by die FS Pro Tour Vrystaat, 15 Julie 2026, te Kroonstad hoe jy met 'n pilmasjien 'n skaaprantsoen kan meng wat uit 70% mielies bestaan en slegs 50kg lusernmeel gebruik – en leer hoe vertikale integrasie jou boerdery meer winsgewend kan maak. www.jonesmasjiene.co.za #JonesMasjiene #Pilmasjien #FSProTourKroonstad2026 #FarmSpace #OnsPraatBoer
09 Jul 2026
Hoe kan jy ronde bale in kleiner bale verander? Willie van Jones Masjiene wys ons waarmee hulle besig is. As jy dit kan droom - kan Jones dit doen! www.jonesmasjiene.co.za #JonesMasjiene #Baler #FarmSpace #OnsPraatBoer
06 Jun 2026
Het jy 'n ketel nodig vir jou mielies? Dit is nou nie meer 'n boiler nie... As jy enige vorm van voer het en jy wil dit na die volgende vlak vat - gesels met Jones Masjiene! www.jonesmasjiene.co.za #JonesMasjiene #Ketel #Voeraanleg #FarmSpace #OnsPraatBoer
30 May 2026
Hoe kry Jones Masjiene dit reg om hul produkte te verkoop teen 2022 se pryse? - Nampo 2026. Oom Willie gesels diep dinge oor besigheid so vroeg in die oggend. https://jonesmasjiene.co.za/ #JonesMasjiene #Nampo2026 #FarmSpace #OnsPraatBoer
14 May 2026
Hoekom het jy 'n pil masjien nodig op jou plaas? Oom Willie vertel ons op Nampo 2026. Hierdie toerusting is Jones Masjiene se passie en hulle is al gesout met die vervaardiging. https://jonesmasjiene.co.za/ #JonesMasjiene #PilMasjien #Veevoer #Nampo2026 #FarmSpace #OnsPraatBoer
13 May 2026
Watse trein-bedryf het Jones Masjiene hier op Nampo 2026? Willie Jones wys ons hoe werk sy nuwe baal verwerking kontrepsie wat hulle hier aanmekaar geslaan het. https://jonesmasjiene.co.za/ #JonesMasjiene #BaalVerwerking #Nampo2026 #FarmSpace #OnsPraatBoer
12 May 2026
Dit is altyd die moeite werd om by JONES MASJIENE op NAMPO 2026 te stop! Kom kyk hulle nuutste ontwerp wat 'n ronde baal in 'n blokkie baal verander. www.jonesmasjiene.co.za #JonesMasjiene #IetsNuut #NAMPO2026 #FarmSpace #OnsPraatBoer
08 May 2026
Waarmee is Jones Masjiene besig? 'n Baalbreker! Maar behalwe vir dit, kom kyk wat hulle alles vir jou by NAMPO 2026, standplaas: D21b gaan hê. Altyd innoverend, vol verrassings en die 2de beste! www.jonesmasjiene.co.za #JonesMasjiene #Pilmasjiene #NAMPO2026 #FarmSpace #OnsPraatBoer
24 Apr 2026
Hoekom het Ancois Potgieter hulle 'n Jones Masjiene pilmasjien aangeskaf? Sy verduidelik meer hoe lekker dit in hulle boerdery werk veral om vir hulle skape pille te maak. www.jonesmasjiene.co.za #JonesMasjiene #Pilmasjien #FarmSpace #OnsPraatBoer
13 Apr 2026
Wilco van Jones Masjiene gee vir sy pa nuwe perspektief op hulle fabriek masjienerie. Die jonger generasie sien dinge op 'n hele ander manier en dit kan 'n groot rol speel as dit kom by koste besparing. www.jonesmasjiene.co.za #JonesMasjiene #Spaar #ParteVervaardiging #FarmSpace #OnsPraatBoer
16 Feb 2026
Hoe gaan 'n Jones Masjiene hamermeul jou lewe verander? Niklaas le Roux vertel ons meer hoe hierdie masjien waarde tot sy melkery toe gevoeg het. www.jonesmasjiene.co.za #JonesMasjiene #Hamermeul #Melkery #FarmSpace #OnsPraatBoer
28 Nov 2025
Hoe kry jy genoeg voer veral wanneer dit kom by voerkrale? Ruan Blikkies vertel ons meer oor hoe hulle Jones se masjiene geintegreer het en dit hulle boerdery opset vergemaklik. www.jonesmasjiene.co.za #JonesMasjiene #Voerkrale #FarmSpace #OnsPraatBoer
29 Oct 2025
Hoe voeg 'n Jones pilmasjien waarde toe tot jou skaapboerdery? Stefan Pretorius vertel ons meer oor hulle drukbeweiding, hoe hulle opset lyk en waar hierdie masjien inpas. www.jonesmasjiene.co.za #JonesMasjiene #Pilmasjien #FarmSpace #OnsPraatBoer
08 Oct 2025