Hoe bestuur jy jou mielies se bemesting wanneer kunsmis duur is en reën onseker bly? | VS Agri
Hugo Opperman van VS Agri gesels oor die belangrikste voedingstowwe tydens verskillende groeistadiums van mielies. Van fosfaat en stikstof vir vroeë wortelontwikkeling tot kalium, magnesium en boor later in die seisoen – elke stadium bring ander voedingsbehoeftes. Kyk ook na wanneer topbemesting sin maak, hoe water jou opbrengspotensiaal beïnvloed en waarom jy nie jou grond se voedingreserwes moet uitput om vandag geld te spaar nie. 🌐 www.vsagri.co.za #VSAgri #Mielieproduksie #Kunsmisbestuur #FarmSpace #OnsPraatBoer 00:00 Hoe bestuur jy bemesting in 'n moeilike seisoen? 00:30 Kunsmispryse, reën en planttoestande 01:11 Wat het mielies tydens planttyd nodig? 01:28 Stikstof en fosfaat vir vroeë wortelontwikkeling 02:01 Waarom 'n sterk wortelstelsel so belangrik is 02:32 Kan wortelontwikkeling help om kunsmis beter te benut? 03:17 Hoe swak wortels voedingstofopname beperk 04:11 Die volgende groeistadium van mielies 04:18 Voeding vir vegetatiewe en reproduktiewe groei 05:02 Hoe bou mielies reserwes vir graanvulling? 05:22 Wanneer word mielies se pitpotensiaal bepaal? 05:45 Wanneer maak ekstra topbemesting sin? 06:31 Hoe beskerm jy die oes se potensiaal? 06:47 Wat gebeur as jy te veel op kunsmis sny? 07:01 Bemes volgens opbrengspotensiaal en onttrekking 07:30 Waarom grondvrugbaarheid beskerm moet word 07:46 Kontak VS Agri vir 'n bemestingsplan












Comments
No comments yet. Be the first!