Farmspace'n Sakpas Badger – al die goed wat saakmaak sonder die elektronika!
Badger Agriculture het ’n kompakte, grondgedrewe sesry-planter ontwikkel vir boere wat eenvoud, betroubaarheid en ’n meer bekostigbare intreevlak soek. Joseph Adlem verduidelik hoe die saad en kunsmis meganies aangedryf word, hoe verstelbare vere die "up- and downforce" vervang, en waarom die bekende Badger-karretjie, dubbel-skyf kunsmiskouter, "row openers" en onafhanklike toetrapwiele onveranderd bly. Die groot verskil? Minder elektronika, minder hidrouliese komponente en ’n eenvoudiger planter – met die opsie om later elektroniese funksies by te voeg. 🌐 www.badgerag.co.za #BadgerAgriculture #Planters #PresisiePlant #FarmSpace #OnsPraatBoer 00:11 ’n Badger sonder al die elektronika 00:42 Hoekom Badger ’n eenvoudiger planter ontwikkel het 00:49 Die sesry-grondgedrewe Badger 01:00 Eenvoudige vakuumstelsel 01:16 Meganiese saad- en kunsmisaandrywing 01:55 1 200 liter kunsmiskapasiteit 02:03 Maklik om op die driepunt te haak 02:10 Vere in plaas van hidrouliese silinders 02:26 Die standaard Badger-plantereenheid 02:46 Ry oopmakers en kunsmisplasing 03:01 Soek vog met die "row openers" 03:29 Eenvoudige, standaard laers 03:43 Onafhanklike toetrapwiele 03:49 Hoekom die elektronika verwyder is 04:04 Kan elektronika later bygevoeg word? 04:29 Hoekom daar aanvraag vir dié planter is 04:40 Beskikbare plantergroottes












Comments
No comments yet. Be the first!