Loading results…
Loading results…
Tagged #nampokaap
62 results
SSK is nou ’n nuwe GTS-handelaar in die Wes-Kaap en stel hulle aluminium drapertafel aan plaaslike boere bekend. Die tafel se laer gewig kan die las voor aan die stroper verminder, terwyl die stelsel materiaal vinniger en meer egalig na die stroper se invoer beweeg. Met die oesseisoen op hande word ’n praktiese demo binnekort aangebied waar jy dié tafel self in werklike toestande kan sien werk. 🌐 www.zanatitrading.co.za #ZanatiTrading #GTS #Drapertafel #NAMPOKaap #FarmSpace #OnsPraatBoer 00:00 SSK is die nuwe GTS-handelaar in die Wes-Kaap 00:23 Waarom SSK die GTS aluminium stropertafel gekies het 00:39 Waarom ’n ligter tafel belangrik is 01:02 Voordele van die drapertafel en beter materiaalvloei 01:18 Hantering in skuins en moeilike terrein 01:27 GTS stropertafel demodag 01:37 Oestyd is op hande 01:58 Kom sien die GTS-tafel in aksie
18 Sept 2026
Watter DJI Agras-drone pas by jou boerdery? AgriHawk stel die T55, T70 en T100 bekend en verduidelik hoe hulle tegnologie, diens en ondersteuning boere vorentoe help. Besoek www.agrihawk.africa vir meer inligting. #AgriHawk #DJIAgriculture #NAMPOKaap #FarmSpace #OnsPraatBoer 00:00 AgriHawk by NAMPO Kaap 00:20 Wat doen AgriHawk? 00:51 Landwye diens en ondersteuning 01:08 Termiese en multispektrale hommeltuie 01:43 Die T55, T70 en T100 02:20 Wat maak die T55 anders? 02:44 Opgegradeerde radar en terreinvolging 03:29 Ligter battery en beter verkoeling 03:50 Hoër vloeitempo 04:14 Maklik om alleen te hanteer 04:32 NAMPO-kompetisie 04:54 Onderdele en diens landwyd
17 Sept 2026
Ons kyk van nader na Husqvarna se nuwe battery zero-turn mower en wys hoe die beheer, veiligheidsfunksies, laairuimte en verstelbare snyhoogte werk. Omdat die masjien elektries aangedryf word, het dit nie dieselfde tradisionele belt- en spindelopstelling as ’n gewone zero-turn nie. Dit is ook besonder stil, wat dit geskik maak vir geraassensitiewe areas soos landgoedere, hotelle en gholfbane. Kyk hoe maklik dit is om hom te bestuur — selfs vir iemand wat nog nooit ’n zero-turn gery het nie. 🌐 www.husqvarna.com/za/ #HusqvarnaSA #ZeroTurnMower #BatteryProdukte #NAMPOKaap #FarmSpace #OnsPraatBoer 00:00 Wat is hierdie nuwe Husqvarna-masjien? 00:31 Battery-aangedrewe zero-turn verduidelik 00:46 Waarvoor is ’n stil zero-turn ideaal? 01:03 Geen gewone stuurwiel nie 01:32 Operateursgerief en sitplekverstelling 01:42 Hoe die zero-turn handvatsels werk 02:17 Vorentoe, agtertoe en draai 02:52 Hoe die masjien vinnig tot stilstand kom 03:11 Ekstra laairuimte agterop 03:39 Hoeveel gewig kan agterop gelaai word? 03:44 Hoe ver kan jy op ’n lading sny? 04:05 Batteryveiligheidsfunksie wanneer krag laag raak 04:18 Hoe en waar die mower gelaai word 04:58 Geen tradisionele belde en spindels nie 05:42 Tyd vir ’n praktiese toetsrit 06:03 Hoe om die zero-turn aan te skakel 06:26 Eerste rit vorentoe en agtertoe 06:58 Hoe stil is die mower? 07:17 Veiligheidsstop in ’n noodgeval 08:30 Hoe om die snylemme aan te skakel 08:49 Veiligheidskakelaar vir die lemme 09:23 Hoe om die snyhoogte te verstel 10:04 Tot 12 snyhoogte-verstellings 11:12 Hoe om die mower af te skakel 11:29 Vir wie is hierdie zero-turn bedoel?
17 Sept 2026
Agricol se kanola-genetika bied verskillende opsies vir verskillende produksietoestande. By NAMPO Kaap vertel Jaco Jacobs oor hulle gediversifiseerde kanola-pakket, insluitend konvensionele, TT-, Clearfield- en die nuwe CT-kultivar. Hy verduidelik hoe opbrengspotensiaal, siektetoestand, aanpasbaarheid, groeilengte en plantdatum in kultivar-keuse in ag geneem word. Verder word daar ook gekyk na hoe TT- en Clearfield-tegnologieë meer buigsaamheid met onkruidbeheer kan bied. Ontdek meer oor Agricol se kanola-aanbieding en genetika: www.agricol.co.za #Agricol #Kanola #Genetika #NAMPOKaap #FarmSpace #OnsPraatBoer 00:00 Agricol se kanola-aanbieding 00:33 Agricol se gediversifiseerde kanola-pakket 00:49 TT-kultivars en opbrengspotensiaal 01:50 Hoe Agricol kultivar-seleksies doen 02:25 TT-tegnologie en onkruidbeheer 02:42 Groeilengte van die kultivars 03:02 Kanola-plantdatums 03:40 Wanneer om langer groeiers te plant 04:18 Agricol se nuwe Clearfield-kultivar 04:42 Vinnige blom en marginale gronde 05:23 Clearfield-chemie en onkruidbeheer 05:37 Quartz en die konvensionele pakket 05:52 Nuwe CT-kultivar: Griffin Ti 06:20 Clearfield én TT-tegnologie 06:44 Agricol se agente en advies 07:20 Kry die nuutste kanola-genetika
16 Sept 2026
Albert vertel ons meer by NAMPO Kaap 2026 oor die Massey Ferguson 9S en die tegnologie agter hierdie nuwe vlagskip. www.masseyferguson.com/en_za #AGCO #MasseyFergusonSA #NAMPOKaap #FarmSpace #OnsPraatBoer
11 Sept 2026
Rinus Willemse van Xfarm vertel ons meer by NAMPO Kaap / Cape 2026 wat die belangrikste beginsels van hierdie DBX planters is en hoe jy jou planttydperk kan "optimise". www.xfarm.co.za #Xfarm #DBXPlanters #NAMPOKaap #FarmSpace #OnsPraatBoer
11 Sept 2026
Klein in grootte, maar gebou vir groot werk. Ons gesels met Frans van Inttrac Trading by NAMPO Kaap oor hul reeks landboutoerusting en hoe die regte implement ’n groot verskil in die veld kan maak. Meer oor Inttrac Trading: https://www.inttrac.com/ #InttracTrading #NAMPOKaap #LandbouMasjinerie #Landbou #FarmSpace #OnsPraatBoer
11 Sept 2026
Wat maak ’n Merlo so veelsydig op die plaas? Ons gesels met Pieter by NAMPO Kaap oor die Merlo Turbofarmer-reeks, onder andere die TF35.7 en TF42.7, en wat dié masjiene vir verskillende take en behoeftes bied. Vind meer uit: https://forkliftsnw.com/ Kontak Pieter by 082 339 4424 of Morné by 082 466 6093. #Merlo #ForkliftsNW #NAMPOKaap #Turbofarmer #Landbou #FarmSpace #OnsPraatBoer
11 Sept 2026
’n Boer se dag wag nie vir ’n onderdeel nie. By NAMPO Kaap gesels ons met Cor van Landboupart oor hul wye reeks onderdele, van trekkers en stropers tot enjins, hidroulika en grondbewerkingsdele. Vind meer uit by https://landboupart.co.za/ #Landboupart #NAMPOKaap #Landbou #LandbouMasjinerie #Onderdele #FarmSpace #OnsPraatBoer
11 Sept 2026
’n Goeie seisoen begin met die regte plan agter die gewas. Ons gesels met Wynand van VS Agri by NAMPO Kaap oor hoe hulle produsente ondersteun met die regte landbou-insette, kundige advies en oplossings wat by elke plaas en seisoen pas. Wil jy meer weet? Besoek https://vsagri.co.za/ of kontak Wynand by 083 230 4297. #VSAgri #NAMPOKaap #Landbou #Boerdery #FarmSpace #OnsPraatBoer
11 Sept 2026
Wat gebruik jy om jou toerusting skoon én reg vir die volgende rondte te hou? Ons gesels met Leon van LIQUI MOLY by NAMPO Kaap oor hul GUNTEC-reeks, van produkte vir die skoonmaak en versorging van vuurwapens tot die Silencer Cleaner, wat help om hardnekkige residue aan te pak. Kry vandag vir jou LIQUI MOLY produkte by: https://farmspace.co.za/shop/ #LiquiMoly #GUNTEC #NAMPOKaap #FarmSpace #OnsPraatBoer
11 Sept 2026
Kan een stelsel jou hele vloot slimmer laat werk? Ons gesels met Emile van PTx by NAMPO Kaap oor hul slim landboutegnologie, en hoe dit onder andere saam met Massey Ferguson- en Fendt-trekkers gebruik kan word om masjiene, data en beheer beter saam te bring. #PTx #NAMPOKaap #AgTegnologie #Landbou #FarmSpace #OnsPraatBoer
11 Sept 2026
Wat maak ’n goeie trekker-en-baler-kombinasie? Ons gesels met Albert van Massey Ferguson by NAMPO Kaap. Hy vat ons deur die MF 8S en MF 7S, wys van die kajuit en beheerfunksies, en kyk ook na die MF RB-rondbaler en sy praktiese werking. Meer oor Massey Ferguson: https://www.masseyferguson.com/en_za/ #MasseyFerguson #NAMPOKaap #MF8S #MF7S #Landbou #FarmSpace #OnsPraatBoer
11 Sept 2026
By Nampo Kaap kyk ons na die TurboStraw, ’n implement wat ontwikkel is om oesreste eweredig oor die land te versprei, ligte onkruid los te werk en die boonste gedeelte van die saadbed voor te berei. Willa Rossouw vertel meer hoe die verstelbare tande werk, waarom die implement lig op diesel is en hoe dit reeds in koring, gars en kanola gebruik word. Kontak Willa by 076 496 8109 vir meer inligting. #TurboStraw #35ft #NAMPOKaap #FarmSpace #OnsPraatBoer
11 Sept 2026
Van voer tot ’n finale pil, hoe werk die proses eintlik? Ons gesels met oom Willie van Jones Masjiene by NAMPO Kaap, waar hy wys hoe hul voerprosesseringsopstelling werk, van die pilmasjien en vervoer van die produk tot die eindresultaat wat jy sommer in jou hand kan hou. Met oom Willie is daar altyd ’n plan vir ’n praktiese voeroplossing. Right Reg! Lees meer oor Jones Masjiene by https://jonesmasjiene.co.za/ #JonesMasjiene #NAMPOKaap #Voerverwerking #Voertoerusting #Landbou #FarmSpace #OnsPraatBoer
10 Sept 2026
Van voer meng tot kunsmis strooi, JBH Agri het ’n plan vir die werk. Ons gesels met Bertus van JBH Agri by NAMPO Kaap oor van hul toerusting, onder andere die Fimaks-voermenger, TAFE-trekkers en die 1000ℓ dubbel-skyf kunsmisstrooier, met ’n nader kyk na wat elkeen op die plaas bied. Ontdek meer van JBH Agri se reeks by https://jbhagri.co.za/ #JBHAgri #NAMPOKaap #TAFE #Fimaks #Landboutoerusting #Boerdery #FarmSpace #OnsPraatBoer
10 Sept 2026
Hoeveel kan een drone werklik aanpak? Ons gesels met Martin van NIK by NAMPO Kaap oor die XAG P150 Max, ’n landbou-drone gebou vir groter kapasiteit, krag en veelsydigheid in die veld. Meer oor NIK en XAG: https://nik.co.za/ #NIK #XAG #P150Max #NAMPOKaap #LandbouTegnologie #FarmSpace #OnsPraatBoer
10 Sept 2026
Oranje beteken hier baie meer as net trekkers. Ons gesels met Dennis van Smith Power by NAMPO Kaap oor die Kubota-reeks. Van trekkers en utility vehicles tot graafmasjiene, hulle het iets van alles. Lees meer oor Kubota by https://smithpower.co.za/brands/kubota-equipment/ #Kubota #SmithPower #NAMPOKaap #Landbou #FarmSpace #OnsPraatBoer
10 Sept 2026
Wat maak ’n goeie spuit nog beter? Ons gesels met Mias Nieuwoudt van Nieuwoudt Spray by NAMPO Kaap oor hul reeks boordspuite, met die fokus op goeie dekking, laer kragverbruik en praktiese oplossings vir die boer. Meer inligting by www.nieuwoudtspray.co.za. #NieuwoudtSpray #NAMPOKaap #Landbou #Boerdery #FarmSpace #OnsPraatBoer
10 Sept 2026
Sterk toerusting begin by ’n slim oplossing. Ons gesels met Niel van Van Zyl Staalwerke by NAMPO Kaap oor hul reeks landbou-implemente en die praktiese oplossings wat hulle vir boere bou. Vir meer inligting: https://vzsgroup.co.za/ #VanZylStaalwerke #NAMPOKaap #Landbou #Boerdery #FarmSpace #OnsPraatBoer
10 Sept 2026