Loading results…
Loading results…
Tagged #grondbewerking
37 results
Een implement. Drie bewerkingsopsies. Die Legend Cross Till laat jou toe om die skottelhoek hidroulies vanuit die trekkerkajuit te verstel volgens jou grondtoestande en bewerkingsdoel: 0–3°: Vertikale bewerking om reste te sny en grondversteuring te beperk. 3–6°: Deklaag- of minimumbewerking om materiaal vas te pen en onkruid doeltreffender te beheer. 6–10°: Meer aggressiewe, konvensionele bewerking om grond en plantmateriaal deeglik om te werk. Met ’n werksdiepte van 0–225 mm, enkelpunt-dieptebeheer en ’n verstelbare enkel- of dubbelrollerstelsel gee die Cross Till jou die buigsaamheid om die land te bewerk soos dit nodig is-wanneer dit nodig is. Sien meer: https://www.agriafrika.co.za/crosstill #AgriAfrika #CrossTill #Grondbewerking #FarmSpace #OnsPraatBoer 00:00 Legend Cross Till: Drie bewerkings in een 00:44 Waarom die Cross Till ontwikkel is 01:10 Vertikale, deklaag- en konvensionele bewerking 03:08 Die masjien van nader bekyk 03:21 Hidrouliese verstelling vanuit die kajuit 04:01 Dieptebeheer en Razor-skottels 05:13 Onderhoudsvrye laers en plaaslike onderdele 05:44 Gangspasiëring vir beter materiaalvloei 06:23 Spike rollers en vogbewaring 07:02 Verstelbare enkel- en dubbelrollerstelsel 08:03 Die toekoms van presisiegrondbewerking 09:15 Beskikbare groottes en kragvereistes 09:34 Een implement wat drie se werk doen
11 Aug 2026
Hoe diep moet jy jou grond bewerk? Die antwoord is nie altyd “so diep as moontlik” nie. Herman van Arlington Staalwerke wys hoe die Chisel Master volgens jou grondtipe, gewas en omstandighede tussen 150 en 350 mm diep kan werk. Die drie rye tande sorg vir goeie materiaalvloei en help voorkom dat oesreste in die implement pak. Die tande is 350 mm uitmekaar geplaas om die grondprofiel los te maak, onkruid om te keer en die land vir die volgende bewerking of plantproses voor te berei. Die veerbelaaide tande kan wegbeweeg wanneer dit ’n klip tref en herstel daarna vanself. Die Chisel Master is beskikbaar van drie tot 25 tande, met verskillende rolleropsies vir dieptebeheer, stabiliteit en saadbedvoorbereiding. Vind meer uit: https://www.arlington-staalwerke.co.za/ #ArlingtonStaalwerke #ChiselMaster #Grondbewerking #FarmSpace #OnsPraatBoer 00:00 – Die Arlington Chisel Master: nie te diep of te vlak nie 00:31 – Waarom is die Chisel Master ontwikkel? 00:55 – Verstelbare werkdiepte: 150 tot 350 mm 01:34 – Onkruidbeheer en goeie materiaalvloei 02:40 – Drie balke en die Bellota P100-tande 03:43 – Grondprofiel breek en saadbed voorberei 04:31 – Kies die regte implement vir jou grondtipe 05:35 – Veerbelaaide tande wat klippe kan hanteer 06:17 – Bevestig die werkdiepte met ’n penetrometer 06:55 – Beskikbare groottes en trekkerkrag 07:29 – Rolleropsies en dieptebeheer 08:12 – Is die Chisel Master reg vir jou plaas?
03 Aug 2026
Kan een implement oesreste opkerf, onkruid help beheer, vog bewaar én jou volgende bewerking makliker maak? TJ van Arlington Staalwerke wys hoe die Stubble Master oesreste opkerf en die land só voorberei dat die implement nie pak met die volgende bewerking nie. Hy deel ook terugvoer van ’n dieselverbruik tussen 2,7 en 3,6 ℓ/ha-’n belangrike voordeel wanneer tyd en insetkoste onder druk is. Meer inligting: http://www.arlington-staalwerke.co.za/ #ArlingtonStaalwerke #StubbleMaster #Grondbewerking #FarmSpace #OnsPraatBoer 00:00 – Meer werk met een implement 00:31 – Die Stubble Master in die land 00:52 – Die uitdaging: oesreste en onkruid 01:21 – Maak die volgende bewerking makliker 01:59 – Hoe die Stubble Master tyd koop 02:26 – Oesreste en onkruidbeheer 03:05 – Kostedoeltreffendheid en dieselverbruik 03:59 – Hoe die Stubble Master werk 04:15 – Hoe die voorste drom oesreste opkerf 04:55 – Agterste skottels en grondafwerking 05:13 – Hoe die implement help om vog te bewaar 06:05 – Die Stubble Master se waarde vir die boer
30 Jul 2026
Frans Jacobs van Inttrac Trading verduidelik hoe dit grondbewerking, saadbedvoorbereiding en presiese kunsmisplasing in een implement is! Dit breek die grond vertikaal op, plaas kunsmis op die regte diepte en berei die grond voor sodat daar direk agter geplant kan word. Met opsies van 1-ry tot 16-ry, asook verskillende kunsmis-oplossings, kan dit volgens jou behoeftes aangepas word. 🌐 www.inttrac.com #InttracTrading #Orthman #Grondbewerking #FSProTourKroonstad2026 #FarmSpace #OnsPraatBoer 00:00 – Inleiding tot die Orthman-implement 00:21 – Waarvoor is die Orthman ontwerp? 00:29 – Snykouter en saadbedvoorbereiding 00:43 – Verstelling vir saadbed en materiaalhantering 00:52 – Vertikale grondbewerking en presiese kunsmisplasing 01:07 – Kartelskouters en grondbreekaksie 01:23 – Die roller en saadbedvoorbereiding 01:32 – Dieptebeheer en die snykouter se rol 01:44 – Breek deur grondkors vir beter penetrasie 01:51 – Kunsmis- en "pop-up" toediening 02:02 – Vloeibare kunsmis en ander opsies 02:11 – Voorbereiding om direk agter die implement te plant 02:19 – Werksnelheid en plantspoed 02:28 – Vogbewaring en ontkieming 02:40 – Beskikbare groottes en rywydtes 02:53 – Kragvereistes en optimale werksnelheid 03:03 – Kunsmisbakke en beskikbare opsies 03:22 – Koppeling aan bestaande kunsmistenks 03:37 – Onderdele en ondersteuning deur Inttrac Trading 03:48 – Ondersteuning tydens kritieke planttyd 04:02 – Einde
28 Jul 2026
Horsch Tiger 4 MT & Horsch Planters | Slim grondbewerking en presisieplant in een reeks Op soek na 'n implement wat stoppels effektief inkorporeer, uitstekende grondvloei bied én jou saad en kunsmis met uiterste presisie plaas? In hierdie video gesels ons met Shal oor die Horsch Tiger 4 MT en die Horsch-planterreeks. Van aggressiewe skottels en tandbewerking tot intelligente saad- en kunsmisstelsels met sensors – ontdek hoekom Horsch wêreldwyd bekend is vir produktiwiteit en eenvoud. Ons bespreek: Die Horsch Tiger 4 MT se unieke kombinasie van skottels, tande en rollers Hoekom die hoë raamhoogte belangrik is Verskillende werkbreedtes beskikbaar Horsch-planters se lugstelsels vir saad en kunsmis Sensors wat blokkasies, leë rye en plantkwaliteit monitor Vervoervriendelike 3 m-opvou ontwerp 👇 Laat weet ons: Werk jy reeds met Horsch, of oorweeg jy dit vir jou plaas? https://terratill.co.za/ #Horsch #HorschTiger #HorschPlanter #Landbou #Boerdery #PresisieBoerdery #Grondbewerking #LandbouMasjinerie #FarmSpace #OnsPraatBoer 00:00 Inleiding 00:07 Ontmoet die Horsch Tiger 4 MT 00:27 Wat maak die Tiger uniek? 00:37 Kombinasie van skottels, tande en rollers 01:13 Verstel aggressiwiteit volgens jou grond 01:39 Beskikbare modelgroottes 02:13 Horsch, Landini en Terrameg verduidelik 03:02 Horsch-planterreeks oorsig 03:34 Hoe werk die kunsmisstelsel? 04:17 Hoe werk die saadstelsel? 05:06 Sensors vir plantakkuraatheid 05:20 Beskikbare plantergroottes 05:27 Afsluiting
20 Jul 2026
Een werktuig. Verskeie bewerkings. Maksimum buigsaamheid. Is dit moontlik om vertikale bewerking, minimum bewerking én konvensionele bewerking met een implement te doen? 🤔 In hierdie video gesels ons met Marius oor die Legend CrossTill – 'n werktuig wat ontwerp is uit werklike boere se behoeftes. Met verstelbare skottelhoeke, Spider Rollers en "on-the-fly" aanpassings kan jy die implement aanpas vir verskillende grondtipes, residue, onkruiddruk en dieselkoste. Kyk hoe hierdie veelsydige implement jou kan help om minder implemente te koop, minder chemiese toepassings te gebruik en jou grondbewerking presies aan te pas vir elke land. 👇 Laat weet in die kommentaar: Sou jy 'n implement verkies wat verskeie bewerkings kan doen? https://www.agriafrika.co.za/ #LegendCrossTill #Grondbewerking #Landbou #Boerdery #LandbouMasjinerie #PresisieBoerdery #MinimumBewerking #VertikaleBewerking #FarmSpace #OnsPraatBoer 00:00 Inleiding 00:17 Ontmoet die Legend CrossTill 00:48 Waarom is die masjien ontwikkel? 01:13 Verstelbare skottelhoeke verduidelik 01:32 On-the-fly verstellings 01:58 Van vertikale tot konvensionele bewerking 02:15 Unieke ontwerp en materiaalvloei 02:42 Spider Rollers verduidelik 03:16 Waarom die mark hierdie implement nodig gehad het 03:52 Een implement vervang verskeie werktuie 04:16 Werk in verskillende grondtoestande 04:39 Bespaar op bespuitings en koste 05:07 Praktiese toepassings op die plaas 05:48 Afsluiting
20 Jul 2026
Goeie grondvermenging kan 'n groot verskil maak aan jou volgende seisoen. In hierdie video wys Ruan van Jupidex hoe die Kverneland Enduro Pro 4000 Stoppel Bewerker (4m) ontwerp is om residue effektief te vermeng, die grondprofiel deur te breek en 'n ferm saadbed voor te berei – met die buigsaamheid om by verskillende grondtoestande en bewerkingsbehoeftes aan te pas. In hierdie video bespreek ons: *Hoe die Twisted Wear Plate grondvermenging verbeter *Waarom nouer tandspasiëring belangrik is *Die rol van die rollers in saadbedvoorbereiding *Hoe maklik die werkdiepte verstel word *Hoeveel perdekrag die 4 m-model benodig *Hoe jy 'n demonstrasie kan reël www.jupidex.co.za #Jupidex #Kverneland #EnduroPro4000 #Grondbewerking #FarmSpace #OnsPraatBoer 00:00 Intro – Die Kverneland Enduro Pro 4000 00:30 Wat maak die Enduro Pro anders? 01:00 Twisted Wear Plate en grondvermenging 01:30 Egskottels en saadbedvoorbereiding 01:38 Dubbelrollers en waterinfiltrasie 02:42 Kan jy 'n demonstrasie reël? 03:24 Hoe maklik stel jy die implement op? 04:59 Hoeveel perdekrag benodig die 4 m-model? 05:43 Diep vs vlak grondbewerking 06:20 Samevatting
13 Jul 2026
Wat dink die boer van Bok.I se 28.5 duim skotteldis op Nampo 2026? Hy vertel ons ook sommer hoe hy oor die algemeen voel oor die produkte. www.boki.co.za #BokImplemente #Grondbewerking #Nampo2026 #FarmSpace #OnsPraatBoer
13 May 2026
Wil jy materiaal diep in die grond insny? Bok.I het 'n 28.5 duim skotteldis hier op Nampo 2026. Hendri vertel hoekom hy besluit het om hierdie implement te bou. www.boki.co.za #BokImplemente #Grondbewerking #Nampo2026 #FarmSpace #OnsPraatBoer
13 May 2026
Die wydste dis op Nampo 2026 kry jy by Bok Implemente. Hulle moes hierdie 14m implement opvou omdat dit te groot is om op die stand te pas. www.boki.co.za #BokImplemente #Grondbewerking #Nampo2026 #FarmSpace #OnsPraatBoer
13 May 2026
Ons praat sekondêre bewerking by Arlington Staalwerke op Nampo 2026. TJ vat ons deur hulle implemente en vertel ons watter een doen wat. https://www.facebook.com/ArlingtonStaalwerke/ #ArlingtonStaalwerke #Grondbewerking #Nampo2026 #FarmSpace #OnsPraatBoer
13 May 2026
9.5m Buffalo Tyson hier by Agripieces op Nampo 2026. Hierdie is 'n monster van 'n masjien en jy sny net een keer die materiaal in die grond in. https://agripieces.co.za/ #AgripiecesSA #BuffaloTyson #Grondbewerking #Nampo2026 #FarmSpace #OnsPraatBoer
12 May 2026
Eg Suid-Afrikaanse, ordentlike en sterk geboude implemente kry jy by Arlington Staalwerke op Nampo 2026. Ons kyk bietjie wat hulle hier het en dan staan ons stil by die nuwe ripper. https://www.arlington-staalwerke.co.za/ #ArlingtonStaalwerke #Grondbewerking #Nampo2026 #FarmSpace #OnsPraatBoer
11 May 2026
Hoe kan jy jou opbrengs maksimeer? Dit begin by jou grond. Ripper Tillage Equipment gee jou die krag om kompaksie te breek, jou saadbed perfek voor te berei en elke hektaar meer produktief te maak—met presisie, duursaamheid en oplossings wat spesifiek vir jóú plaas ontwerp is. www.rippertillage.co.za #RipperTillageEquipment #Grondbewerking #FarmSpace #OnsPraatBoer
04 May 2026
Wil jy na stroop tyd tot en met voor plant tyd jou grond reg kan bewerk? TJ van Arlington Staalwerke nooi jou uit om by hulle te draai by Nampo 2026. https://www.arlington-staalwerke.co.za/ #ArlingtonStaalwerke #Grondbewerking #Nampo2026 #FarmSpace #OnsPraatBoer
20 Apr 2026
Wat is op Ilgi se uitstalling hier by Agritechnica 2025? Hierdie familie besigheid bestaan al vir 55 jaar. Ceren vertel ons wat vir hulle die belangrikste is as dit kom by die vervaardiging van hulle produkte. https://ilgiafrica.co.za/ #IlgiAfrica #Grondbewerking #Implemente #Agritechnica2025 #FarmSpace #OnsPraatBoer
14 Nov 2025
Agritechnica 2025 stel beslis nie teleur nie! 'n 'all-in-one' masjien wat amper alles kan doen. Hierdie ding lyk soos 'n transformer. Met trots geborg deur FarmSlip. #Agritechnica2025 #Planters #Kunsmis #Grondbewerking #FarmSpace #OnsPraatBoer
14 Nov 2025
Sukkel jy met onkruid en is jy raadop? Bok.I het vir jou die antwoord. Rennie Brink is ook die area agent hier en vertel ons meer oor hulle hoëspoed-wingerddis. www.boki.co.za #BokImplemente #Hoëspoeddis #Wingerd #Grondbewerking #FarmSpace #OnsPraatBoer
14 Aug 2025
Hoe lyk Agri Afrika op Nampo 2025? Hier is 'n vinnige toer van wat alles by die Agri Afrika stand is. Baie grondbewerking toerusting en nog meer grondbewerking toerusting. https://www.agriafrika.co.za/ #AgriAfrika #Grondbewerking #Nampo2025 #FarmSpace #OnsPraatBoer
16 May 2025
Soek jy landbou toerusting waarmee jy in die grond kan speel? Horsch het alles op Nampo 2025. Charl vertel ons meer van hulle skoffels, hoëspoeddisse, planters en spuite. https://terratill.co.za/ #Horsch #TerraTillImplements #Grondbewerking #Nampo2025 #FarmSpace #OnsPraatBoer
15 May 2025