FarmspaceHoe stel jy ’n driepunt-hoëspoeddis reg op voordat jy begin werk? | Bok.I
Hendri du Toit van Bok Implemente vat ons stap vir stap deur die basiese verstellings: van gelyke "lift arms" en "stabilizer arms" tot die roller se dieptebeheer en die toplink wat bepaal of jou voorste of agterste skottels te aggressief werk. Hy vertel ook watter toplink gat om te gebruik, waarom grondvryhoogte belangrik is en hoe om ’n masjien reg te stel wanneer hy skeef deur die land trek. Maak seker jy kyk hierdie een voor die volgende bewerking! 🌐 www.boki.co.za #BokImplemente #Hoëspoeddis #Grondbewerking #FarmSpace #OnsPraatBoer 00:00 Hoe stel jy ’n hoëspoeddis reg? 00:27 Waar begin jy met die verstelling? 00:59 Die masjien moet eerste gelyk staan 01:12 Maak seker jou lift arms is gelyk 01:29 Stel en sluit die stabilizer arms 02:02 Waarom stabiliteit die skottels se werking beïnvloed 02:13 Hoe stel jy die werkdiepte? 02:23 Die roller as primêre dieptebeheer 02:54 Waarom die toplink so belangrik is 03:11 Wat beteken dit as die masjien skeef trek? 03:32 Wanneer sny die voorste skottels te diep? 03:51 Maak die toplink langer of korter? 04:07 Toplink-verstelling beïnvloed ook werkdiepte 04:26 Watter toplink-gat moet jy gebruik? 04:35 Hoe verbeter jy grondvryhoogte? 05:07 Waarom is daar twee toplink-gate? 05:25 Geld dié beginsels vir alle driepunt-masjiene? 05:32 Wat van ’n sleep-hoëspoeddis? 05:53 Die belangrikste verstellings opgesom












Comments
No comments yet. Be the first!