Loading results…
Loading results…
Tagged #landbou
83 results
Wat sit agter ’n wen-saad? Ons praat met Deon en Joe van Pannar Seed by die Springbokvlakte Sonneblomprojek Demodag en Prysuitdeling, waar PANNAR nie net deel was van die boerwenner se sukses nie, maar ook as die wen-saad uitgestaan het. ’n Sterk prestasie en ’n uitstekende resultaat vir PANNAR. Meer oor PANNAR se sonneblomreeks: https://pannar.com/products/sunflower #PANNAR #Sonneblom #Springbokvlakte360 #Landbou #FarmSpace #OnsPraatBoer
04 Sept 2026
Wanneer goeie genetika en sterk bestuur saamkom, wys die resultate. Ons praat met Jandré Gerdehann, die boerwenner by die Springbokvlakte Sonneblomprojek Demodag en Prysuitdeling, waar Pannar Seed 716 sterk presteer het. Baie geluk aan Jandré met dié uitstekende prestasie en welverdiende wen! Meer oor PANNAR se sonneblomreeks: https://pannar.com/products/sunflower #PANNAR #Sonneblom #Springbokvlakte360 #Landbou #FarmSpace #OnsPraatBoer
04 Sept 2026
Wat beteken sterk verteenwoordiging vir die landbougemeenskap? Ons gesels met Hendry Geldenhuys van TLU SA by die Springbokvlakte Sonneblomprojek Demodag en Prysuitdeling oor TLU SA se betrokkenheid en die belangrikheid daarvan om produsente en die landbougemeenskap te ondersteun. Kom meer te wete oor TLU SA by http://tlu.co.za/ #TLUSA #Springbokvlakte #Sonneblomprojek #Landbou #Boere #FarmSpace #OnsPraatBoer
04 Sept 2026
Wat maak die Springbokvlakte Sonneblomprojek so besonders? Ons gesels met Hardus de Beer tydens die Springbokvlakte Sonneblomprojek Demodag en Prysuitdeling oor die projek, die dag en wat dit vir die landbougemeenskap beteken. #SpringbokvlakteSonneblomprojek #Sonneblom #Landbou #FarmSpace #OnsPraatBoer
04 Sept 2026
Wat bring Stark Fabrications na die landboubedryf? Ons gesels met Gerrit van Stark Fabrications tydens die Roedtan Springbokvlakte Sonneblomprojek Demodag en Prysuitdeling oor hulle betrokkenheid en wat hulle vir produsente bied. Besoek https://www.starkfabrications.co.za/ vir meer inligting. #Stark #SonneblomDemodag #Landbou #FarmSpace #OnsPraatBoer
04 Sept 2026
Lamb Champs Bloemfontein skop af! ’n Dag waar die landbougemeenskap, produsente en liefhebbers van topgehalte lamsvleis bymekaar kom. Die opening stel die toon vir ’n geleentheid vol goeie gees, kompetisie en alles wat Lamb Champs besonders maak. #LambChamps #LambChampsBloemfontein #Landbou #Boerdery #FarmSpace #OnsPraatBoer
29 Aug 2026
Ekstra vloeistofkapasiteit tydens planttyd is handig, maar jy wil nie noodwendig die hele jaar met tanks op jou trekker rondry nie. Joseph Adlem van Badger Agriculture wys hul monteerbare trekker-tankstelsel: twee 1 250ℓ tanks wat ontwerp is om vinnig op- en afgehaal te word. Ons kyk na die monteerstelsel, ingeboude jacks, quick couplers, 140ℓ pomp, vlakaanwysers en baffle balls – plus hoe Badger die stelsel vir verskillende trekkers kan aanpas. 🌐 www.badgerag.co.za #BadgerAgriculture #TrekkerTanks #Landbou #FarmSpace #OnsPraatBoer 00:00 Hoekom tanks op jou trekker? 00:25 Joseph Adlem verduidelik Badger se oplossing 00:34 Waar kom die behoefte aan ekstra tanks vandaan? 01:21 Tanks wat maklik op- en afgehaal kan word 01:39 Hoe die ingeboude jacks en monteerstelsel werk 02:09 Hoe vinnig kan jy die tanks afhaal? 02:31 Pomp, vlakaanwysers en quick couplers 03:19 Hoe word die tanks volgemaak? 03:25 Baffle balls beperk vloeistofbeweging 03:57 Hoeveel liter hou die tanks? 04:14 Op watter trekkers pas die stelsel? 04:46 Meer oor Badger se trekker-tanks
28 Aug 2026
Wat kan jy vanjaar van die Springbokvlakte Sonneblomprojek verwag? Die Springbokvlakte Sonneblom Projek Demodag en Prysuitdeling vind op 4 September in Roedtan plaas. Die dag bring produsente en landbourolspelers bymekaar vir praktiese demonstrasies, waardevolle landboukennis en die jaarlikse prysuitdeling. Die program begin om 14:00 en sluit ook ’n aandete in. Bespreek teen 28 Augustus by: https://forms.gle/9nexzg1UrU8ByxWq8 #SpringbokvlakteSonneblomProjek #Roedtan #Landbou #FarmSpace #OnsPraatBoer
27 Aug 2026
Kan mis jou help om kunsmis uitgawes te sny? By Corna Brangus het hulle self die verskil in groei en opbrengs gesien nadat hulle ’n Poelbros-misstrooier gebruik het, ons gesels met Marnus om meer uit te vind. Vir meer inligting: Andre - 082 630 4410 https://www.poelbroshandel.com/ #Boerdery #Misstrooier #Landbou #Huur #FarmSpace #OnsPraatBoer 00:00 Welkom by Corna Brangus 00:08 Waarom ’n misstrooier belangrik is 00:52 Waarom hulle Poelbros gekies het 01:01 Die verskil in opbrengs en groei 01:25 ’n Gemengde bees- en saaiboerdery 01:49 Mis benut om kunsmiskoste te verminder 02:26 Hoekom belê in ’n misstrooier? 03:05 Huur of koop – wat werk vir die plaas? 03:52 Naverkoopdiens en parte 04:16 Hoekom Poelbros? 04:34 Finale raad aan boere 05:08 Modelle en demonstrasies
17 Aug 2026
Ons besoek Janus naby Hoopstad, waar ’n Union Engineering 100 ton-sif help om tred te hou met die tempo van ’n moderne stroopproses. Janus verduidelik waarom hy van sy ou rolsif na die Union-sif oorgeskakel het, hoe hy sojabone skoonmaak van wilde lusern en groen peule, en hoe die sif ook kan help wanneer mieliegraad ’n uitdaging raak. Een van die groot voordele? Mobiliteit. Hy kan dieselfde sif tussen sy drie siloterreine skuif en dit selfs land toe neem om sojabone direk tydens stroop skoon te maak. Volgens Janus is dit soos ’n silo of ’n TLB: eers wanneer jy hom het, besef jy hoeveel waarde hy tot die boerdery toevoeg. Besoek www.unionengineering.co.za/ vir meer inligting. #UnionEngineering #Graansif #Graanhantering #Landbou #Boerdery #Sojabone #Mielies 00:00 – Union Engineering 100 ton-sif naby Hoopstad 00:46 – Janus se boerdery en gewasse 01:20 – Waarom die ou rolsif vervang is 02:16 – Waarom sojabone gesif word 03:54 – Groen peule en probleme in silo’s 04:25 – Mielies sif en graad verbeter 05:48 – Hoe die mobiele sif in die stroopproses werk 06:08 – Kapasiteit van tot 100 ton per uur 07:05 – Een sif vir drie siloterreine 07:28 – Sif direk op die land 08:04 – Wanneer Johannes mielies sif 09:28 – Die waarde wat ’n sif tot die plaas toevoeg 10:24 – “’n Silo, ’n TLB en ’n Union-sif” 10:43 – Meer waarde op die plaas behou
16 Aug 2026
Wat maak die Ortmann ’n waardevolle toevoeging op die plaas? Ons gesels met Frans van Inttrac Trading by die Vanstadensrus Boeredag oor die Ortmann wat hulle by die boeredag ten toon gestel het en wat dié masjien vir produsente kan bied. Meer oor Inttrac Trading gaan na: https://www.inttrac.com #InttracTrading #VanstadensrusBoeredag #Ortmann #Landbou #FarmSpace #OnsPraatBoer
13 Aug 2026
Wat maak Deutz-Fahr ’n sterk naam in die landboubedryf? Ons gesels met Lukas van DEUTZ-FAHR by Vanstadensrus Boeredag oor die handelsmerk, hul trekkers en die dag se ervaring. Ontdek meer oor DEUTZ-FAHR by: https://www.deutz-fahr.com/en-za/tractors #DEUTZFAHR #VanstadensrusBoeredag #Landbou #FarmSpace #OnsPraatBoer
13 Aug 2026
Op soek na ’n Feeler vir jou boerdery? Ons gesels met Willie Britz van Saailand Agri by die Amersfoort Demodag oor die Feeler-reeks wat hulle beskikbaar het. Hy vertel meer oor die verskillende opsies, wat Feeler produsente kan bied en die finansiering wat ook beskikbaar is. Wil jy meer weet? Kontak vir Willie by 082 807 9275. #SaailandAgri #AmersfoortDemodag #Feeler #Landbou #FarmSpace #OnsPraatBoer
12 Aug 2026
Wat doen JWL Landbou en hoe is hulle betrokke by die Amersfoort Demodag? Werner vertel meer oor wat JWL Landbou doen, die oplossings en ondersteuning wat hulle aan produsente bied en hoe hulle by die Amersfoort Demodag betrokke is. Besoek hulle webtuiste by: https://jwlstanderton.co.za #JWLLandbou #AmersfoortDemodag #Landbou #FarmSpace #OnsPraatBoer
12 Aug 2026
Waarom is boeredae so belangrik vir die landboubedryf? Ons gesels met JJ van Syngenta by die Amersfoort Demodag oor waarom boeredae vir Syngenta so belangrik is en die waarde daarvan om direk met produsente in gesprek te tree. Vir meer oor Syngenta gaan na: https://www.syngenta.co.za #Syngenta #AmersfoortDemodag #Landbou #FarmSpace #OnsPraatBoer
12 Aug 2026
Ons loer vinnig in by JC van Outdoor POWER Bloemfontein se nuwe winkel! JC wys ons rond, vertel meer oor die nuwe winkel en gesels oor van die produkte wat hulle aanbied en waarvoor dit gebruik word. ’n Lekker vinnige inloer om te sien wat Outdoor Power alles onder een dak bied! #OutdoorPower #Toerusting #Landbou #FarmSpace #OnsPraatBoer
12 Aug 2026
Weet jy wat wag vir jou by KragDag 2026? Ons gesels met Soné Saunders om by haar te hoor wat daar verwag kan word oor die 3 dae! KragDag vind plaas van 6–8 Augustus en bied iets vir die hele gesin, meer as 700 uitstallers, 'n landbouprogram, vee en hope familie-aktiwiteite. Kaartjies is by die hek beskikbaar en kinders kry gratis toegang. #KragDag #Landbou #FarmSpace #OnsPraatBoer
06 Aug 2026
Amersfoort Demodag by Plaas Springfontein! Kom kyk na die nuutste demonstrasies, ontmoet die span en geniet 'n dag vol landbou-aksie. Regstreekse vermaak deur Moonshine! Kom geniet uitstekende musiek en 'n lekker atmosfeer. Bonus! Jy staan die kans om 'n vakansie vir 4 mense na Marloth Park te wen! #AmersfoortDemodag #PlaasSpringfontein #Landbou #DemoDag #FarmSpace #OnsPraatBoer
05 Aug 2026
Is jy reg vir 'n dag vol landbou-demonstrasies? Koster Studiegroep Demodag vind 6 Augustus 2026 plaas. 📍 Plaas Wendover, Koster 🕚 Demonstrasies begin om 11:00 🎟️ R100 per persoon (braaipak ingesluit) Kom beleef die nuutste tegnologie in aksie! #KosterStudiegroep #Demodag #Landbou #FarmSpace #OnsPraatBoer
04 Aug 2026
Wat maak die verskil tussen 'n goeie en 'n wen-lamsbraai? By die Hartklop Lamsbraai gaan 17 spanne wys hoe die klein dinge 'n groot verskil kan maak wanneer dit by die perfekte lamsbraai kom. Aan die einde van die dag kan net een span as die wenner wegstap! 📍 Hoërskool Schweizer-Reneke 📅 8 Augustus 2026 🕚 11:00 #HartklopLamsbraai #Skaapboerdery #Landbou #FarmSpace #OnsPraatBoer
04 Aug 2026