FarmspaceKan ’n Buffalo jou saadbed vinniger voorberei, mieliereste hanteer én jou staantyd beperk?
André Jordaan, in die Suidoos-Vrystaat, vertel waar hy sy Agripieces Buffalo-hoëspoeddis al sowat drie jaar in ’n gemengde vee- en kontantgewasboerdery gebruik. Hy verduidelik waarom hy van ’n gewone offset wegbeweeg het, hoe die Buffalo direk voor die planter werk, wat hy in buitengewoon nat toestande met groenvoer gedoen het en waarom beskikbaarheid en naverkoopdiens vir hom net so belangrik soos die implement self is. En dié syfer staan uit: twee stelle skottels later, maar volgens André nog nie een "bearing" vervang nie. 🌐 www.agripieces.co.za #Agripieces #Buffalo #Hoëspoeddis #FarmSpace #OnsPraatBoer 00:00 ’n Buffalo in die Suidoos-Vrystaat 00:21 André Jordaan se vee- en gewasboerdery 00:32 Waarom ’n goeie saadbed ’n uitdaging was 00:48 Spuitkoste en die soeke na ’n ander oplossing 01:05 Drie jaar met die Buffalo 01:30 Waarom min staantyd vir André belangrik is 01:45 Die Buffalo direk voor die planter 02:03 Groenvoer en nat planttoestande 02:15 Saad uitstrooi en met die Buffalo inwerk 02:40 Hoekom juis ’n Buffalo? 02:48 André se ervaring met Agripieces se naverkoopdiens 03:39 Waarom persoonlike diens saak maak 04:09 Hoe die Buffalo vandag in die boerdery gebruik word 04:24 Meer kontantgewasse en minder offset-bewerking 04:35 Wat doen die Buffalo met mieliereste? 04:58 Reste en vogbewaring 05:28 Saadbedvoorbereiding net voor plant 05:44 Kan jy direk ná die Buffalo plant? 05:53 Saadkaste en groenvoer 06:05 Hoe sterk is die implement gebou? 06:17 Twee stelle skottels, geen bearing vervang nie 06:31 Min staantyd: haak en gaan 06:47 24″ teenoor 28″ Buffalo












Comments
No comments yet. Be the first!