Loading results…
Loading results…
Tagged #agripieces
59 results
André Jordaan, in die Suidoos-Vrystaat, vertel waar hy sy Agripieces Buffalo-hoëspoeddis al sowat drie jaar in ’n gemengde vee- en kontantgewasboerdery gebruik. Hy verduidelik waarom hy van ’n gewone offset wegbeweeg het, hoe die Buffalo direk voor die planter werk, wat hy in buitengewoon nat toestande met groenvoer gedoen het en waarom beskikbaarheid en naverkoopdiens vir hom net so belangrik soos die implement self is. En dié syfer staan uit: twee stelle skottels later, maar volgens André nog nie een "bearing" vervang nie. 🌐 www.agripieces.co.za #Agripieces #Buffalo #Hoëspoeddis #FarmSpace #OnsPraatBoer 00:00 ’n Buffalo in die Suidoos-Vrystaat 00:21 André Jordaan se vee- en gewasboerdery 00:32 Waarom ’n goeie saadbed ’n uitdaging was 00:48 Spuitkoste en die soeke na ’n ander oplossing 01:05 Drie jaar met die Buffalo 01:30 Waarom min staantyd vir André belangrik is 01:45 Die Buffalo direk voor die planter 02:03 Groenvoer en nat planttoestande 02:15 Saad uitstrooi en met die Buffalo inwerk 02:40 Hoekom juis ’n Buffalo? 02:48 André se ervaring met Agripieces se naverkoopdiens 03:39 Waarom persoonlike diens saak maak 04:09 Hoe die Buffalo vandag in die boerdery gebruik word 04:24 Meer kontantgewasse en minder offset-bewerking 04:35 Wat doen die Buffalo met mieliereste? 04:58 Reste en vogbewaring 05:28 Saadbedvoorbereiding net voor plant 05:44 Kan jy direk ná die Buffalo plant? 05:53 Saadkaste en groenvoer 06:05 Hoe sterk is die implement gebou? 06:17 Twee stelle skottels, geen bearing vervang nie 06:31 Min staantyd: haak en gaan 06:47 24″ teenoor 28″ Buffalo
04 Sept 2026
Hernu Swanepoel in die Suid-Vrystaat vertel hoe die Agripieces Buffalo binne sy bees- en mielieboerdery werk. Hy verduidelik waarom hy van ’n offset na die Buffalo beweeg het, hoe hy ongeveer 4 ha/uur met dié 4m model haal en waarom sy dieselverbruik van sowat 8ℓ/ha hom beïndruk. Daar word ook na sy reste-inwerking, vogbewaring, waterpenetrasie, onkruidbeheer en die kwaliteit van die saadbed gekyk. Geen laboratoriumtoets nie—’n boer se ervaring in sy eie grondtoestande! 🌐 www.agripieces.co.za #Agripieces #Buffalo #Hoëspoeddis #FarmSpace #OnsPraatBoer 00:00 Werk ’n Buffalo in die Suid-Vrystaat? 00:28 Hernu Swanepoel se bees- en mielieboerdery 00:38 Waarom mielies die beesboerdery aanvul 01:07 Die voordeel van eie mielieproduksie 01:29 Waarom Hernu na die Buffalo oorgeskakel het 02:02 Werktempo: ongeveer 4 ha/uur 02:25 Saadkontak en grondvoorbereiding 02:41 Waar pas ripbewerking in? 03:10 Wat gebeur met mieliereste in die boonste grondlaag? 03:33 Bogrond, vog en wind-erosie 03:40 Die 'sponslaag' en waterpenetrasie 04:12 Wat gebeur met klein onkruide? 04:25 Hoekom het Hernu ’n Buffalo gekoop? 04:43 24″-skottels, slytasie en onderdele 05:20 Buffalo teenoor ’n offset vir saadbedvoorbereiding 05:49 Is die Buffalo ligter op diesel? 06:03 Ongeveer 8ℓ diesel per hektaar 06:22 Sal Hernu die Buffalo aanbeveel? 06:44 ’n Buffalo in die Suid-Vrystaat
24 Aug 2026
Hoe kry jy meer akkuraatheid uit jou kunsmisstrooiwerk sonder om noodwendig vir ’n vol veranderlike-toedieningstelsel te betaal? Wimpie du Preez verduidelik wat die Kopa kunsmisstrooier van Agripieces bied. Ons kyk na sy weegselle, beheerskerm, ISOBUS-gereedheid en strooiwydte van tot 42 m, asook die verskillende groottes wat beskikbaar is. Daar is selfs ’n sensoropsie vir produsente wat kunsmis meer doelgerig tussen bome wil toedien. Ons bespreek ook die Spaanse vervaardiging, onderdele en hoe dié Kopa hom as ’n meer bekostigbare alternatief in die mark posisioneer. 🌐 www.agripieces.co.za #Agripieces #Kopa #Kunsmisstrooier #FarmSpace #OnsPraatBoer 00:00 Kopa: ’n sakpas kunsmisstrooier? 00:31 Akkurate strooiwerk teen ’n vaste tempo 01:23 Toedieningstempo en hidrouliese beheer 01:42 Skerm en weegselle 02:02 ISOBUS-gereedheid 02:20 Strooiwydte tot 42 meter 02:42 Kopa-modelle en kapasiteit 02:50 Sensorstrooi vir boorde en bome 03:21 Spaanse vervaardiging en onderdele 04:08 Waar kry jy meer inligting?
18 Aug 2026
Wimpie du Preez van Agripieces bespreek presies hoe die implement werk en verduidelik: • Hoe die tande, punte en “shins” grond en materiaal vermeng • Wanneer jy die vlerkskare moet gebruik of afhaal • Hoe die opstelling jou werkdiepte en kragvereiste beïnvloed • Waarom die agterste skottels belangrik is • Hoe die roller die grond herkonsolideer • Hoe die implement vogverlies kan help beperk • Watter werkbreedtes en rolleropsies beskikbaar is • Hoe die dubbelveer-breekaksie klipperige toestande hanteer • Hoe die RUNNER gebruik kan word om kalk in die grondprofiel in te werk Die belangrike punt: geen implement is ’n oplossing vir elke plaas nie. Jou grondtipe, hoeveelheid stoppels, beskikbare trekkerkrag en verlangde werkdiepte bepaal hoe die RUNNER opgestel moet word. Kry die regte konfigurasie vir jou boerdery! 🌐 www.agripieces.co.za #Agripieces #AgroMasz #Runner #FarmSpace #OnsPraatBoer 00:00 Kan een implement alles in een werkgang doen? 00:53 Wat maak die Agro-Masz RUNNER uniek? 01:18 Diep losmaak en materiaal vermeng 01:32 Werkspoed en materiaalvloei 01:42 Die RUNNER in harde grondtoestande 02:03 Wanneer moet die vlerkskare afgehaal word? 02:40 Opstelling volgens jou grondtoestande 03:03 Kan jy direk daarna plant? 03:18 Wat doen die agterste skottels? 03:33 Herkonsolidasie en die behoud van grondvog 04:08 Beskikbare werkbreedtes 04:22 Hidrouliese dieptebeheer 04:43 Dubbelveer-aksie en breekkrag 05:03 Smering en basiese onderhoud 05:26 Beskikbare rolleropsies 05:44 Hoe om die skottels se aggressiwiteit te verstel 06:09 Kalk deur die grondprofiel inwerk 06:38 Finale opsomming en kontakbesonderhede
11 Aug 2026
Loedi van der Westhuizen, 'n boer wat in uiters klipperige grond waar implemente daagliks getoets word werk, deel sy eerlike ervaring nadat hy 'n Agripieces Buffalo Tyson 24" hoëspoeddis begin gebruik het. Hoor meer oor: • Hoe dié implement in kliplande presteer • Waarom "independent" skottels 'n verskil maak • Die verskil tussen 'n hoëspoed- en 'n offsetdis • Stoppelbewerking en vlak van grondbewerking • Brandstofverbruik en werksdiepte • Waarom hy twee Buffalo Tyson's gekoop het • Die diens en ondersteuning wat hy ontvang het 🌐 www.agripieces.co.za #Agripieces #BuffaloTyson #OVKHopetown #FarmSpace #OnsPraatBoer 00:00 Kan 'n Buffalo Tyson kliplande hanteer? 00:24 Loedi se boerdery 01:13 Waar gebruik hy die Buffalo Tyson? 02:25 Waarom het hy 'n Buffalo Tyson gekoop? 03:05 24" vs 22" skottels 03:28 Hoëspoed vs offset in kliplande 05:03 Bewerking op turfgrond 05:56 Twee Buffalo Tyson's op die plaas 06:04 Betroubaarheid en diens 06:33 Hoeveel trekkerkrag is nodig? 07:06 Finale indruk
03 Aug 2026
Wimpie du Preez van Agripieces vertel hoe die Agro-Masz FOX se rolmoer- en hoëspoed-gedeeltes saamwerk om materiaal eers fyn te slaan en daarna verder te sny en te meng. Hy brei ook uit oor die hidrouliese verstellings op hierdie implement, Agripieces se ander reeks implemente en die Buffalo Tyson wat vir dieper werk en swaar materiaalinkorporering gebruik kan word. 🌐 www.agripieces.co.za #Agripieces #Implemente #FSProTourKroonstad2026 #FarmSpace #OnsPraatBoer 00:00 Agripieces Agro-Masz FOX 00:21 Wat is die Agro-Masz FOX? 00:40 Rolmoer en hoëspoed in een implement 00:58 Hoe die rolmoer materiaal fyn slaan 01:25 Hoekom rolmoer en hoëspoed kombineer? 01:55 Hidrouliese verstellings vanuit die trekker 02:28 Agripieces se reeks landbou-implemente 03:08 BMC kunsmisstrooiers en Buffalo implemente 03:16 Die Buffalo Tyson vir swaar materiaalinkorporering 03:44 Waarna om te kyk ná bewerking 04:01 Die dubbelroller se rol in saadbedvoorbereiding
23 Jul 2026
Ons gesels met Michael Wooberg van OVK Hopetown oor die Agripieces Buffalo Tyson hoëspoeddis, beskikbaar in 5m en 7m. Hy bespreek: • Waarom die 28-duim skottels so goed deur swaar mielereste sny • Waarom dit gewild is vir besproeiingslande • Die verstelbare roller en werksdiepte • Hoe die pryse met ander opsies vergelyk • Waarom die Buffalo Tyson gereed is om dadelik te gaan werk www.agripieces.co.za #Agripieces #BuffaloTyson #OVKHopetown #FarmSpace #OnsPraatBoer 00:00 Waarom tyd so belangrik is 00:11 Die Agripieces Buffalo Tyson 00:31 Ontmoet Mike 00:39 5m vs 7m model 00:54 Verstelbare roller en werksdiepte 01:05 Prestasie in mieliereste 01:33 Prysvergelyking 01:50 Beskikbaar om dadelik te werk 02:02 Slotgedagtes
11 Jul 2026
Hoe kan jy die werksdiepte van jou implement vinnig en presies aanpas sonder om jou trekker se kajuit te verlaat? Met die Agro-Masz FOX kan jy hierdie hidrouliese, traplose verstellings so doen. Kom kyk hierdie stoppelbewerkingstoestel in aksie by die FS Pro Tour Vrystaat, 15 Julie 2026, te Kroonstad. www.agripieces.co.za #Agripieces #AgroMasz #FOX #FSProTourKroonstad2026 #FarmSpace #OnsPraatBoer
03 Jul 2026
Ongwensde bosse in jou lande? Oorweeg die Buffalo Tyson van Agripieces vir optimale landbougrond-voorbereiding en onkruidbeheer! www.agripieces.co.za #Agripieces #BuffaloTyson #FarmSpace #OnsPraatBoer
15 Jun 2026
Hoe kan jy mielies wat nou net klaar gestroop is insny vir die dood? Gert Hill vertel ons meer oor sy ervaring met 'n 9.5m Buffalo Tyson van Agripieces. www.agripieces.co.za #Agripieces #BuffaloTyson #FarmSpace #OnsPraatBoer
12 Jun 2026
Agripieces se Buffalo Tyson gaan by die Losberg Studiegroep Demodag, 27 Mei 2026, wees! Kom kyk hoe jy goed in die grond kan insny! www.agripieces.co.za | www.facebook.com/p/Losberg-StudieGroep-100082015702878/ #Agripieces #BuffaloTyson #LosbergStudiegroepDemodag2026 #FarmSpace #OnsPraatBoer
26 May 2026
Wil jy 'n ding goed in die grond insny? Kyk hoe werk 'n 9.5m Buffalo Tyson! Speedy Jooste van Agripieces vertel ons meer waar dit in jou boerdery gaan inpas. Effektief en ordentlik met spoed! www.agripieces.co.za #Agripieces #BuffaloTyson #FarmSpace #OnsPraatBoer
25 May 2026
As jy goed in die grond wil insny, maar soos regtig insny, kom besoek Agripieces SA se stalletjie by NAMPO 2026 en kyk wat hulle jou kan bied. www.agripieces.co.za #Agripieces #Toerusting #Nampo2026 #FarmSpace #OnsPraatBoer
07 May 2026
Die Mascar baler is van Italië af... Hoekom gaan hierdié perde een hardloop? Wimpie du Preez van Agripieces vertel ons meer oor die Diavel 830 CUT "fixed chamber" by die FarmSpace Baler Challenge 2026. www.agripieces.co.za #FSBalerChallenge2026 #Agripieces #Mascar #Diavel830CUT #FixedChamber #FarmSpace #OnsPraatBoer
31 Jan 2026
Hoekom moet jy kyk na die Buffalo Tyson deur Agripieces? Hoëspoed-werking, diep grondpenetrasie, lae-onderhoud komponente, hidroliese rolbeheer en hoë gewig per skyf. Dit is ontwerp vir vinnige grondvoorbereiding, onkruidbeheer en residu-inkorporering! www.agripieces.co.za #Agripieces #BuffaloTyson #FarmSpace #OnsPraatBoer
23 Jan 2026
Wil jy goed regtig in die grond insny? Dan kry jy vir jou 'n Buffalo Tyson 28-duim skottels! Jaco van der Walt vertel ons meer oor sy ervaring met hierdie masjien verskaf deur Agripieces. www.agripieces.co.za #Agripieces #BuffaloTyson #FarmSpace #OnsPraatBoer
14 Jan 2026
Wat bring Agripieces na die 2026 Baler Challenge toe? Kom kyk die Mascar Diavel 830 CUT baler in aksie 28 Januarie 2026! Hierdie baler fokus op hoë werkverrigting, digtheid, kwaliteit snywerk en is betroubaar. www.balerchallenge.co.za #FSBalerChallenge2026 #Agripieces #Mascar #Diavel830CUT #FarmSpace #OnsPraatBoer
08 Jan 2026
Saadbedvoorbereiding is seker een van die belangrikste goed wat jy kan doen. Morné Alston van Agripieces vertel ons meer oor Agro-Masz se nuwe Fox wat 'n bietjie sterker en groter gebou is hier by Agritechnica 2025. www.agripieces.co.za #Agripieces #AgroMasz #Equipment #Agritechnica2025 #FarmSpace #OnsPraatBoer
18 Nov 2025
Want 'n Buffalo Tyson blixem! www.agripieces.co.za #Agripieces #BuffaloTyson #FarmSpace #OnsPraatBoer
08 Oct 2025
Waarna moet jy kyk wanneer jy slytparte koop? Speedy Jooste van Metal Events vertel meer oor hoe die ekonomie lyk en waarna jy moet kyk as jy disskottels of skare vir jou implemente koop. Yster is nie net yster nie! www.metalevents.co.za #MetalEvents #Agripieces #Parts #FarmSpace #OnsPraatBoer
04 Sept 2025