Weet jy presies hoe goed elke aspek van jou boerdery presteer?
In hierdie gesprek met Renier van TAG Consulting Services kyk ons na die belangrikheid van prestasie bestuur in die landbou – en hoe ’n gestruktureerde, meetbare benadering ’n boerdery kan help om beter te presteer. Prestasie bestuur gaan nie net oor opbrengste nie. Dit behels die totale boerderybesigheid, van produksie en menslike hulpbronne tot meganisasie, voorraad, aankope, finansies, kontantvloei en winsgewendheid. Renier verduidelik hoe die proses werk – van die ontwikkeling van ’n plaas se visie en doelwitte tot KPIs, posbeskrywings, opleiding, prestasie-evaluering en die jaarlikse hersiening van die plan. Die belangrikste vraag is eenvoudig: As jy nie prestasie bestuur nie, wat bestuur jy dan? Wil jy jou boerdery na die volgende vlak neem? Kom meer te wete oor Agri Sales Academy Africa en prestasie bestuur by: www.asaafrica.org #ASAAfrica #TAGConsultingServices #PrestasieBestuur #FarmSpace #OnsPraatBoer 00:00 Wat is agri prestasie bestuur? 01:02 Waarom prestasie bestuur belangrik is 01:19 Hoe prestasie bestuur waarde toevoeg 01:46 Die proses: Van uitdagings tot ’n plan 02:49 Visie, missie en doelwitte 03:26 KPIs en sleutelprestasie-areas 03:38 Organogramme en kommunikasielyne 04:02 Die belangrikheid van duidelike posbeskrywings 05:22 ’n Prestasie bestuurstrategie en plan 06:05 Elke boerdery het ’n unieke plan nodig 06:39 Implementering, opleiding en prestasie-evaluering 07:04 Waarom swak prestasie dadelik aangespreek moet word 07:32 Jaarlikse hersiening en verbetering 08:17 ’n Voorbeeld van ’n 200-hektaar sitrusaanplanting 09:20 Is prestasie bestuur net vir groot boere? 10:06 Waarom beplanning in landbou so belangrik is 10:55 Die waarde van ’n duidelike plan 11:37 Verduideliking van sleutelprestasie-areas 11:52 Produksie, finansies en kontantvloei 12:15 Aankope en kostebeheer 12:51 Nakoming en wetgewing 13:09 Menslike hulpbronne en opleiding 13:17 Meganisasie en instandhouding 13:59 Pakhuise en sekuriteit 14:25 Voorraad- en inventarisbestuur 15:23 Bemarking en verkope 15:50 Kontantvloei en winsgewendheid 16:08 Hoe prestasie bestuur jou boerdery na die volgende vlak neem 16:45 Wat bestuur jy as jy nie prestasie bestuur nie? 17:35 Hoe om met Tag Consulting in kontak te kom 17:58 Neem jou boerdery na die volgende vlak












Comments
No comments yet. Be the first!