FarmspaceWaarom moet jy jou lande bekalk – en hoe weet jy watter kalk om te gebruik? - Sion Agri
Tiaan Terblanche van Sion Agri vertel oor die rol wat bekalking in grondgesondheid, pH-regstelling en die beskikbaarheid van voedingstowwe speel. Wanneer grond se pH te laag is, kan aluminium vir plante beskikbaar raak, wortelgroei beperk en belangrike voedingstowwe soos fosfaat vaslê. Deur die grond se pH stelselmatig na die optimale reeks van ongeveer 5,5 tot 6,5 te bring, kan bestaande voeding beter vir die plant beskikbaar word. Daar word verder bespreek: • Waarom lae grond-pH ’n probleem is • Aluminiumtoksisiteit en wortelontwikkeling • Die ideale pH vir gewasproduksie • Hoe grondtipe jou kalkbehoefte beïnvloed • Kalsitiese teenoor dolomitiese kalk • Die belangrikheid van kalkgehalte en partikelgrootte • Waarom variërende kalktoediening die moeite werd kan wees • Hoekom bekalking ’n langtermynstrategie is Die hoeveelheid en tipe kalk wat benodig word, moet altyd volgens grondontledings, grondchemie en die eienskappe van die betrokke land bepaal word. Wil jy jou kalk presies en koste-effektief toedien? Kry vir jou ’n Bok.I! 🌐 www.boki.co.za #BokImplemente #SionAgri #Bekalking #FarmSpace #OnsPraatBoer












Comments
No comments yet. Be the first!