FarmspaceJou rye bepaal hoe jou spuit moet werk; en dié XAG R200 Rover “Spinnekop”
Jou rye bepaal hoe jou spuit moet werk; en dié XAG R200 Rover “Spinnekop” is daarvoor aangepas! Oloff verduidelik hoe hy die XAG R200 Rover vir aarbeibankies aangepas het, met ekstra hoogte en vier verstelbare spuitpunte om van verskillende kante te spuit. Ons gesels oor die 240 ℓ-tenk, batterygebruik, ’n eie motor op elke wiel en hoe jy sy roetes met RTK en AB-lyne kan opstel. Jy hoor ook hoe hy tydens dié toets deur die nat rye beweeg het sonder om vas te sit of die plastiekseile te beskadig. Sal dié “Spinnekop” by jou ryspasiëring en spuitwerk pas? Kyk saam en gesels met NIK South Africa oor jou plaas se behoeftes: www.nik.co.za #NIKSouthAfrica #XAGR200Rover #PresisieBoerdery #FarmSpace #OnsPraatBoer 0:00 Die XAG R200 “Spinnekop” vir bessieboere 0:28 Hoe vaar die Rover in nat lande? 0:51 Só is hy vir aarbeibankies aangepas 1:27 Vastrap, grondverdigting en plastiekseile 2:06 Die 240 ℓ-tenk en battery-opsies 2:26 Vier spuitpunte en verstelbare spuithoeke 3:12 Hoe lank het hy op een battery gewerk? 3:30 ’n Eie motor op elke wiel en vastrapbeheer 3:52 Stel jou roetes op met RTK en AB-lyne 4:34 Hoe die kamera met roetebeplanning help 5:07 Aanpassings vir verskillende rye en plaasbehoeftes 5:50 Gesels met NIK oor jou spuitwerk












Comments
No comments yet. Be the first!