Kan ’n landboudrone voldoende spuitpenetrasie binne-in digte sitrusboomkrone verkry?AgriHawk - Evert
AgriHawk demonstreer hoe DJI-landboudrones met die korrekte spuitinstellings en vliegpatrone hierdie uitdaging kan aanspreek. Met UV-tegnologie word spuitpenetrasie tydens nagbespuiting getoets. Die demonstrasie beklemtoon: - Goeie penetrasie en eweredige blaarbedekking. - Bespuiting teen 100 L/ha met ’n druppelgrootte van 320 mikron. - Doeltreffende dag- en nagbespuiting. - Beter penetrasie wanneer daar in die rigting van die boomrye gespuit word. AgriHawk bied praktiese spuittoetse en kundige advies om spuitinstellings volgens boorddigtheid, rywydte en spesifieke toepassings te optimaliseer. Meer inligting: www.agrihawk.africa #AgriHawk #DJIAgriculture #Spuitpenetrasie #FarmSpace #OnsPraatBoer 00:00 Nagtoets met die DJI-spuitdrone by Piet Citrus 00:41 Hoe die UV-merker wys waar die druppels land 01:03 Die drone se radar en kollig 01:29 Spuitinstellings – 100 ℓ/ha en 320 mikron 01:56 Bedekking binne-in die boomkroon 02:17 Die blaar en die toetskaartjie langs mekaar 03:16 Vliegspoed van 15 km/h en bedekking onder die boom 04:26 Spuitinstellings vir jou boord se rywydte 05:15 Spuittoets dwars oor die rye 05:53 Beter penetrasie met die rye langs 06:50 ’n Spuittoets op jou eie plaas












Comments
No comments yet. Be the first!