Kan 'n TATU-dis die klippe én die harde werk hanteer? | Valtrac
JC Coetzee boer naby Vryburg, waar klipperige toestande implemente behoorlik toets. Hy deel sy ervaring met sy TATU-dis, wat hoofsaaklik gebruik word om brandpaaie te sny, maar ook droëlande bewerk. Wat staan uit? Die dis se raam het nog geen krake nie, slegs een laer is tot dusver vervang, en selfs die oorspronklike hidrouliese silinder is steeds in gebruik. JC vertel ook van die DUROmark-oliebadlaers en die diens en onderdele wat hy ontvang. Vir boere wat op soek is na 'n stewige dis wat moeilike toestande kan hanteer, is dit waardevolle terugvoer uit die praktyk. Ontdek meer oor TATU se implemente by www.valtrac.co.za. #Valtrac #TATU #Grondbewerking #FarmSpace #OnsPraatBoer 0:00 'n TATU-dis in klipperige toestande 0:32 Hoe hou die dis se raam en laers? 1:17 Die DUROmark-oliebadlaers 1:29 Geen krake in die raam ná jare se werk nie 2:17 Brandpaaie sny en droëlande bewerk 2:36 Hoe hou die skywe en skrapers? 3:25 Diens en onderdele naby Vryburg 4:02 Die oorspronklike hidrouliese silinder 4:21 JC se finale mening oor die TATU-dis












Comments
No comments yet. Be the first!